Sywurms

Het julle ook al deur die sywurmfase gegaan?

Die kinders kom gewoonlik eendag van die skool af met die sywurms by die huis aan. Vir eers is dit ’n aardigheid. Die eerste paar dae word daar getrou moerbeiblare gepluk en die boks skoon gemaak. Die wurmpies word aandagtig beskou. Na ’n paar dae begin hierdie versorging te veel na werk lyk. Wie sit op die ou einde met die sywurms? Ma. Nou moet ma, behalwe die kat, die hond en die goudvis, ook nog tyd maak om na die sywurms te kyk.

 Elke jaar word daar aan die outjie wat sywurms wil koop mooi verduidelik: “Onthou, dis jou wurms en jou verantwoordelikheid. Jy moet sorg vir vars blare en dat die boks skoon gehou word.” Dan belowe die kind plegtig dat Ma nie hoef te bekommer nie. Maar, nou ja, kort voor lank is al die goeie voornemens by die deur uit en hier sit kiepie met die krioelende wurms waarvoor sy haar doodgril. Vir die kind is die snaaksigheid daarmee heen.

Totdat die wurms begin spin. Ons het hulle geleer om vorms uit karton te sny waaroor die wurms dan kon spin. Dit het ons as boekmerke uitgedeel. Maar ook dit is na ’n rukkie vervelig en dan spin die wurms hulleself toe in kokonne, word papies en dan motte en lê 12 miljoen eiers. Die siklus begin weer van vooraf: wurms, papies, motte.

Teen daardie tyd is Ma so dik vir ’n sywurm sy kan skree. Boet belowe hy gaan baie geld maak wanneer hy eers die wurms begin verkoop. Tot sy teleurstelling realiseer die besigheidsplan van hom nie, en gee hy naderhand die sywurms verniet weg. Ma is so dankbaar dat sy sommer self vir ’n ieder en elk wat net lyk of hulle belangstel wurms aanbied. Sy noem natuurlik nie die harde werk wat met die wurmpies gepaardgaan nie. Uiteindelik is daar nie meer wurms nie, en het Ma weer ’n bietjie tyd vir haarself.

Maar net tot die volgende “craze”. Eers word ’n witmuis huis toe gebring en dan kry die ’n maatjie en voor jy jou kan kry, is dit ’n plaag wat uitgeroei moet word.

Toe het ek ’n reël ingestel dat die kinders net ’n hond of kat kan aanhou. Ek het regtig nie meer kans gesien vir wurms, muise of visse nie. Katte en honde is lieflik, maar vir ’n muis is ek baie skrikkerig. So, daar het ek ’n dik streep deurgetrek.

Nou wag ek maar om te sien of die agterkleinkinders ook deur hierdie fases sal gaan.

About these ads
This entry was posted in Familie, Gewoontes, Uncategorized and tagged , . Bookmark the permalink.

14 Responses to Sywurms

  1. Sywurms is so deel van ‘n 5 / 6 jarige as stukkende knieë. Noodsaaklik vir hulle ontwikkeling. ;)

    Maar wanneer hulle 7 is, is dit tyd vir iets anders. Soos ruilpapier. :lol:

  2. Stephan Steyn sê:

    Ek “smile” toe maar net toe ek Klippie en Xena se “weeklaag” lees want dis een van daardie unieke weeklae wat amper verskoning maak dat hy daar is, asof hy sy teenwoordigheid ontken en dan tog maar agter sy hand se rugkant vra of jy weet wie hy is… My meisiekind (7) het ook toe die annerdag by die skool met die boks vol sywurms in die kar kom klim. Al die sywurm formaliteite, ja-ek-weet’s, weet-jy-dat’s en beloftes was teen die tyd dat ons by die huis ingedraai het, afgehandel. Ek het ‘n hele sak beloftes vir myself onderhandel, Sussie het die res in haar knapsak geprop en koersgekry kamer toe, sywurmboks beskermend in albei hande vasgeklam. Die res van haar kapaas het net so in die kar agtergebly en was natuurlik my probleem. Voor ek die pakdonkie-tog die huis-in aangepak het, het ek vir ‘n oomblik netso in die kar bly sit. En ek kon nie help om so effens ondeund my mondhoeke tot glimlag te onderdruk nie. Onderdruk was dit wel, helaas sonder sukses of noemenswaardige teëspraak en waneer jy uiteindelik en eerlikwaar die aftog teen die glimlag-demoon blaas, spoel jy as’t ware saam in die gloed van van gedienstelikheid. Dis een van daardie gloede wat hemels en warm oor jou kom spoel, jou siel tintel-en kriewelrig-lekker laat voel. Amper soos iemand wat jou voete saggies kielie;- jy weet nie of dit dêm lekker of dêm irriterend is nie, en dan wens jy dit kon langer aanhou as dit ophou… Dis die brousel van kindwees en die ondankbare genot van ouer-wees wat jou siel so op jou lyf ets, gloei, laat jittel-en-lekkerkry. Jou eie heimwee en dit wat jy saam met jou kinders ervaar is verseker die naaste aan “overs-overs” waarop ons as kinders aangedring het as ons iets volgens ons oordeel nie reggekry of-gedoen het nie. So word elke sywurm, albaster. top of wat ookal die kinders mee by die huis aankom, ‘n lewensessens, ‘n brousel wat ek en jy as ouer afsluk en ons heimwee opdiep. Ons is pakdonkies en beswaard, en verdwyn in die mistigheid van eerlike plesier. Ons is bekommerd oor die onsekerheid en kry swaar en gloei, en verlig die wêreld vir ons kinders, en kry skaam vir die lamppale wat ons met ons ketties stukkend geskiet het. Die onvergenoegde tinteling van ouerskap ervaar jy net in swaarkry… Gelukkig gun ons kinders ons ‘n tweede kans, ‘n “overs-overs”!

    • klippie sê:

      Ja, maar nog lekkerder is die kans wat mens kry as jy ‘n ouma of oupa is. Dit is dan wat jy dit kan geniet saam met die kleinkind, amper weer rerig soos ‘n kind, want die grootmensverantwoordelikheid word nou deur iemand anders gedra.

  3. Stephan Steyn sê:

    Ouma-en Oupaskap is my nog nie beskore nie. As ek egter so na Ma en Pa luister, en ook Klippie se weergawe, kan ek my voorstel dat dit ‘n besonderse emosie moet wees. Amper soos ‘n goue “badge” vir jare se getroue diens, met die “tyd” as enigste maatstaf. Jy moet dit eers deurleef voor jy die “badge” kan kry. En met goeie rede ook, want ek glo dis van die Vader se pêrels waarvan in die Groot Boek gepraat word, wat die Oubaas met diegene deel wat dit verdien. Jy kan, sal en mag nie hierdie (hemelse) emosie ervaar voordat jy nie geestelik die aardse stof van jou vellies afgeskud het nie. Dis jou beloning, jou “badge”, vir die sakke sout wat die lewe in jou keel afgedruk het, en te oordeel aan die getuienis van die Oumas en Oupas wat dit ervaar, is dit beslis die moeite werd. Behoede, maar indien ons nagelaat het om dit te sê;- “Ouma, Oupa, dankie vir al jul opofferings. Dankie vir die lewenspad wat julle voor ons gelyk geskoffel het. Geniet dit om jul “badges” oral te sien rondhol, en wees onbeskaamd trots op jul pêrels…

    • klippie sê:

      Kleinkinders (en in my geval ook agterkleinkinders) is werklik God se geskenk aan ‘n ou mens. Mens word weer van nuuts af bewus van die wonder van die lewe, die grootsheid van die Skepping.

  4. Kameel sê:

    Dit is seker nou al baie laat om op hierdie storie van jou kommentaar te lewer, maar ek het dit so geniet. Laat my dink aan die aand toe my drie dogters in hulle kamers le en slaap, en ek besluit om te spuit vir muskiete. Die volgende oggend is dit ‘n gejil van die kamer se kant af, en op nadere inspeksie sien ek drie bokse met dooie geel sywurms le. Moes toe mooi “please explain,” aan drie baie verontwaardige meisiekinders… dit was nooit so bedoel nie.

  5. Jakie sê:

    Ek het sommer ingeskakel by my broer se sywurm “craze”. Sien dit was baie slim van my. Al die plesier, geen verantwoordelikheid. Ek kan nogal nie onthou hoe hy van sy-wurms ontslae geraak het nie…

  6. brendan sê:

    Is dit een wat 12 miljoen eiers le of meer as een wat mag ek hulle voer en nie voer nie wat kan jy hulle gee om ander kleure te spin behalwe rooi sal dit baie waardeur laat weet my op my email adres brendan.simpson333@gmail.com dankie sal dit baie waardeur

  7. bernice sê:

    naand almal, ek is al te oud vir die fase hehe maar ek soek steeds sywurms, ek wil met hulle teel, my bearded dragon maak my bankrot, ek kan net nie voor bly met krike en goed nie, as iemand kan help
    (vaaldriehoek)
    blommieq3@gmail.com

  8. Elsje sê:

    Ek is opsoek na sywurms en waar kom sywurms oorspronklik vandaan

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s