Spinnekoppe

Spinnekoppe bly maar grillerig. Veral as hulle so groot, plat en rond is. Omdat ek nie sonder my bril ver kan sien nie, is dit saans nie ’n probleem as meneer Spinnekop vir my sit en loer nie. Ek weet nie dat hy daar is nie, behalwe wanneer hy besluit hy wil bietjie nader ondersoek kom instel. Hy het seker teen die muur opgekruip want kaplaks! val hy op my. Skielik kry hierdie kruppelvoete vlerke. Ek sukkel van die bed af en skreeu bloumoord. Almal kom nader gestorm want miskien het ouma van die bed afgeval. As almal daar is beduie ek net “Spinnekop!” Hulle moet asseblief tog net die spinnekop soek en vermorsel want verder gaan ek nie slaap voordat ek nie weet die spinnekop is nie meer ’n gevaar nie.

Alles word van die bed afgegooi, uitgeskud en deursoek want ouma is vasbeslote; slaap kan sy nie want sê nou net meneer Spinnekop spring weer op haar. Die spinnekopvangers is nie te vriendelik nie, want nou moet die bed weer van vooraf opgemaak word.

My skoondogter glo ongediertetjies moet nie van kant gemaak word nie. Hulle moet versigtig gevang en weer in die natuur losgelaat word. Gif uit ’n blikkie is ook taboe want sy is ’n voorstander daarvan dat alle lewes gespaar moet bly, hetsy spinnekop, slang of kruipende gediertes. Dan plaas sy ’n drinkglas versigtig bo-oor die spinnekop en laat hom toe om daarin te kruip. Daar word baie gelag en geskreeu as dit lyk of hy nou enige tyd op iemand gaan beland. Klaar in die glas gekruip, word hy buitentoe geneem. My seun brom in sy baard want as hy sy sin kon kry was die spinnekop al lankal dood.

Gelukkig is meneer Spinnekop gevang en kan ek nou verder probeer slaap. Maar, met al die opgewondenheid, is slaap iets van die verlede, en ek rol van die een na die ander kant van die bed: Ek lê en dink aan spinnekoppe. Ek het gehoor dat hulle sê spinnekoppe voorspel dat reën op pad is. Nou wonder ek of dit dalk een van dié voorspellers was wat my kom besoek het.

Later raak ek wel weer aan die slaap. Gelukkig het Spinnekop nie teruggekom vir ’n opvolgbesoek nie.

This entry was posted in Gediertes and tagged . Bookmark the permalink.

7 Responses to Spinnekoppe

  1. MaanKind sê:

    Ek vang ook spinnekoppe en laat hul;le vry! Hoekom moet hulle dood gemoor word?!?

  2. Ander iets sê:

    Ek stem nogal. spinnekop se kind hoort nie in n huis nie. eers is daar daai plattes die turbo charges GT, soort wat vinniger as Flash Gordon deur die kamer kan gaan om n nuwe aanvals posisie te kry.
    Dan is daar daai harige gedrogte wat so teen die muur kom vastrap soek en verder as spiderman kan spring, sy aanvalshoek is 360 grade maak nie saak bo/ onder langs die kant kry gaan hy jou kry.
    Dan is daar die grotes wat gemaklik n klomp no 12 cowboy boots kan dra wat in gesluip kom in die aand wanner n arme onskuldijge mannetjie van 6 voet plus dood onskuldig in die kombuis sy staan maak, en as hy per ongeluk in die regte rigting kyk staan die monster daar en push-ups doen op daai miljoene boomstomp bene van hom voor hy tot die aanval oorgaan.

    Nou kom ek by die ergste van hulle almal, die botter spinnekop (geel en swart ge-cammo )die gevreesde ongedierte wat menigde veldlopers al in sy web gevang het daai web wat groot genoeg is om n 4×4 jeep met dif-lock en traction control dood in sy spore te laat stop daar waar daai web wat so groot soos n vliegtuig hanger tussen die bome oor die veld paaidjies gespan is, dink ek het ook al n olifant geraamte in een van hulle gesien.

    Laaste maar nie die minste
    Hulle loop vertel dis eintlik nie n spinnekop maar n mier maar laat ek jou vertel as hy eers sy intrek in jou huis kom kry het jy groot moeilikheid want deur die nag sal jy hom voel soos n bataljon staats presidentwag soldate oor jou bed. Hy kruip weg in elke skadu kolletjie en as jy dit durf waag op die grond storm hy met n pull-away beter as Schumacher op sy beste. Dis natuurlik meneer Roman.

  3. As julle dink ek is ‘n pissie, kom kuier vir my. Maar:
    Ek het die gewoonte om elke aand onder my kussings te loer, die ene langs my ook. So lig ek die spaar kussing op en siedaar ! Fkn spinnie. Die bliksempie is toe net te vinnig vir die Hi tec plakkie wat hom desmoers sou klap. Bed wegskuif, bedkassies wegskuif, niks, net bogerol. Die blik doom is leeg en ek is net so effe suining op my 12 boor patrone. Die aand slaap ek so sleg dat ek die volgende dag met dik oge opstaan. Selfde middag koop ek ‘n vet blik spinnekop fkoff spuitgoete. My hele kamer word eers gesuig en toe gespuit. Weer gesuig en so laaste paar spuite.
    Big or small, I kill em all. :)

  4. annemarie sê:

    My kinders het spinnekoppe in houers- hulle eet kriekies wat jy koop ! Gelukkig is die ” slangaanhou- fase verby !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s