Huis, paleis, pondok

Huis, paleis, pondok. Hoeveel kere het ons dit getel in ons kinderdae? Dit was vir ons so snaaks om elke more al jou maatjies se knope af te tel. Ons het lekker gelag as die uittellery op varkhok uitgekom het. Noudat kinders nie eers weet waaroor dit gaan nie, is dit vir hulle snaaks dat dit ons enigsins geamuseer het. Ons lewens was so ongeklompiseerd en eenvoudig dat dit nou vir ons oues moeilik is om te aanvaar dat ons kinders meer van grootmenssake af weet as wat ons op daardie stadium geweet het.

Ons lag nou daaroor, spot as hulle laggenderwys vra, wat wil ma weet? Maar vir my bly dit maar ’n bitter pil om te sluk. Kinders moet onskuldige bloedjies wees en hulle nie bemoei met sake waroor hulle hulle nie hoef te bekommer nie. Die dag kom dat dit hulle beurt sal wees om sake uit te sorteer. Hoe ouer mens word, hoe groter word en ingewikkelder word die probleme.

Verhoudings kan baie van jou verg. Toe ek ’n kind was, was respek nog aan die orde van die dag. Jou ouers was geken in die keuse van jou vriende, die manier waarop jy ’n spesiale vriend eers kom voorstel het aan jou ouers en hy hulle goedkeuring moes wegdra. Glad nie hoe dit deesdae gedoen word nie. ’n Meisie ontmoet iemand vanaand by die klub, gaan sommer daarna vir ’n drankie na sy huis toe, sonder dat sy hom behoorlik ken. Dit is vir my regtig moeilik om te aanvaar, dit kan ek jou nou verseker. Die jongmense van vandag dink baie keer seker ek is agtertangs. Want hulle maats verseker hulle dis die manier waarop dit nou gedoen word.

Kuier sonder alkohol is ook nie nie meer aanvaarbaar nie. Shooters word gedrink soos water. Ek besef nou eers aan hoeveel druk die kinders onderwerp word. Die dinge wat ons nie eens aan gedink het bestaan nie, is deesdae vir hulle vanselfsprekend.

Daar is ouers wat met baie onderonsies die kinders net wil verseker dat hulle altyd daar vir hulle sal wees ingeval hulle raad of hulp nodig sou hê, maar die kinders maak dit af as dat hulle ouers hulle neuse in die kinders se sake te steek. Dat die ouers altyd net reg is om te oordeel. Uit my oogpunt is dit maar net ’n manier om te sê dat die ouers daar is vir die kinders.

Soms moet die kinders na ’n groot misstap drown dat die ouers reg was en ook erken dat hy of sy nie regtig sonder die ouers se hulp uit daardie penarie sou kon kom nie.

Ek lees In die tydskrifte hoe kinders kla oor die feit dat hulle nie enige vryheid kan geniet nie want ouers wil hulle manipuleer en dwing om dinge te doen wat volgens hulle heeltemaal buite die kwessie is. Daar is kinders wat op sestien skei van hulle ouers omdat hulle nie toegelaat word om hulle lewes te lei soos wat hulle dit wil doen nie. Ons was nog onderdanig op daardie ouderdom en wat pa gesê het was wet. Ons het nie maklik gesag bevraagteken nie.

Ek glo nog soos die Bybel sê dat kinders hulle ouers moet respekteer en gehoorsaam sodat hulle dae verleng kan word. Vir my bly dit maar die fondament waarop jy jou lewe bou.

This entry was posted in Leefstyl and tagged , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s