Oudword, afskaal, verminder

Praat van oudword en afskaal. Ons ou mense ken daardie woord te goed.

Mens begin klein maar soos die kinders meer word en groter word, brei mens mos uit. Dan uiteindelik bly jy in ’n familiehuis. Maar soos die kinders groter word, wens jy jy het meer slaapkamers, ’n familiekamer, miskien ’n plekkie om naaldwerk te doen.

Maar dan trek die kinders uit die huis uit, trou en trek na hulle eie plekkies. Nou is die huis te groot en mens moet afskaal na ’n woonstel. Al die oortollige goed moet nou uitgedeel of verkwansel word. Daar is nie plek vir alles nie.

Die bymekaarmaak van al daardie poppies, beertjies, teelepels, foto’s of meer kosbare goed soos skilderye of seldsame boeke kom nou tot ’n einde en die ekstra goed moet by die afslaer afgelewer word. Miskien genereer dit darem ’n paar rand. Die kinders kan dan besluit of hulle iets wil hê van wat oorbly en of dit vir hulle enige sentimentele waarde het.

Na pa se dood word daar weer getrek, die keer na ’n ouetehuis. Nou is die spasie nog minder. Jy besluit warsonder jy nie kan doen nie. Foto’s van die kinders en kleinkinders, ’n paar stukkies linnegoed en breekware. Gelukkig is daar ’n plekkie onder die bed waar jy jou mooi skildery in ’n tas kan bêre want daar is nie meer plek aan die muur daarvoor nie.

Dan sê ek vir my kinders ek wil gaan kyk na ’n plekkie waar ek kan bly wanneer dit tyd word vir ’n versorgingseenheid.

By een van die plekke aangekom, beleef ek ’n groot teleurstelling. Die matrone, of wat mens haar ook al mag noem, is baie hoitie-toitie. Gee my so ’n kyk uit die hoogte want ek is eerstens Afrikaanssprekend (ek bly in ’n oorwegend Engelse gemeenskap). Sy vra vir my of sy my nie eerder kan verwys na Afrikaanse ouetehuise nie te ver van waar ons bly nie.

Dn bied sy aan om ons te gaan wys hoe die plek lyk. Nee wat, besluit ek sommer gou, die plek is nie vir my nie. Dis ’n verdiepinggebou met trappe en stoelhysers wat jou op en af kan vervoer. Wat gaan gebeur as daar nie krag is nie, en wat maklik kan gebeur met beurtkrag?

Ons gaan dan vir die verdere onderhou. Nou verduidelik die matrone die tariewe aan my:

R5 000 as jy jouself kan help
R6 500 as jy gehelp moet word om te stort of aan te trek
R10 000 as jy intensiewe sorg nodig het.

Hoe kan ’n gemiddelde Suid-Afrikaner dit bekostig, wonder ek by myself.

Sê die matrone: “Ek sal jou naam op ’n waglys sit, maar onthou, jy is nr 262.”

Nou soek ek verder in die koerantadvertensies en spoor toe ’n plekkie op waar die tariewe darem bekostigbaar is. Iets moet duidelik nie reg wees nie, want daar is onmiddellik plek beskikbaar. Ons gaan kyk en daar is geen trappe of ongelyke vloere nie. So dit lyk my of dit nogal kan werk. Maar die paar mense wat ek sien is almal 90 of ouer. Die een is heeltemal doof, ’n ander is bedlêend. Nog ’n ander is ’n Fransman wat na sy beroerte glad nie meer Engels of Afrikaans kan praat nie. En so kan ek opnoem. My skoonseun, wat saam met my na die plek gaan kyk, lyk glad nie ingenome nie.

By die huis gekom, hou ons nabetragting. Sonder om te wik of te weeg sê my skoonseun toe: “Ma bly net hier.”

Nou het ek ’n lekker groot kamer, badkamer en kombuisie en nog plek vir baie van my snuisterye. Hier voel ek tuis. Tot tyd en wyl die gesondheid heeltemal ingee, gaan ek dit hier geniet.

This entry was posted in Oudword and tagged , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Oudword, afskaal, verminder

  1. BB sê:

    Hurraaaahhhhh vir jou skoonseun!!! En hiep-hiep-hurraaaahhhhh vir jou as skoonma – dat julle so ‘n wonderlike omgee-verhouding kan hê! Julle is truly blessed!!!

  2. Sparkle sê:

    Jy leer my baie dinge uit ‘n ander oogpunt sien Klippie. Ek is sommer verlig om te hoor dat jy eerder by jou kinders nou woon. Mag jy vir lank gesond bly. Mag elke dag vir jou mooi wees. Xx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s