Ons hou verkiesing

Môre word daar weer verkiesing gehou. Dit laat my terugdink aan die vroeë jare toe ons reggemaak het vir stemdag.

Net soos nou was daar ’n lang aanloop tot die verkiesing. Politieke vergaderings is gehou en daar het letterlik gevegte op sulke vergaderings ontstaan. Stoele is stukkend gegooi en gemoedere het hoog geloop. Mense sou hulle party se doelwitte verdedig met alles wat hulle kon.

Dan breek die stemdag aan, ’n groot gebeurtenis. Die kandidaat en sy helpers het almal die party se rosette aangehad en hulle kon maklik op ’n afstand uitgeken word.

Ons partytak se vrouens het uitgehang met eetgoed en koffie en tee geskink vir ’n vale. Daar was koesisters, melktert, beskuit en klein koekies te kies en te keur. Ons het gewoonlik ’n groot markiestent opgeslaan en omdat ons buite die stad was, het ons en die opposisie genoeg ruimte gehad om ons tente op te slaan. Daar het gewoonlik ’n regte karnavalgees geheers.

Almal wat kom stem het, vir jou party of die opposisie, het jy by name geken. Ons het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om al die kontreinuus uit te ruil. Na die persoon klaar gestem het, het ons koffie of tee en ’n ietsie te ete geniet.

Omdat min vrouens daardie tyd voltyds gewerk het, kon hulle kies of hulle deur een van die party se mense stembus toe gebring wou word en of hulle vir hulle mans wou wag om na werk saam te gaan stem. Meeste vrouens het verkies om saam met hulle mans te gaan stem want dan was daar meer kans om langer te gesels.

Daar was ook nie kolletjies op mense se vingernaels aangebring nie want mense het mekaar vertrou. Behalwe natuurlik as jy vir die opposisie gestem het. Wanneer kiesers by die verkiesingstent aangekom het, was almal eensgesind en het die helpers reggestaan om die kiesers te plesier. Soos die kiesers aangekom het, is hulle begelei tot by die tent en deur die kandidaat verwelkom.

My oupa het altyd vir die opposisie gestem. Maar een keer het hy geweier om vir sy kandidaat te stem omdat die kandidaat dieselfde van gehad het as iemand wat hom vantevore verneuk het. En al was die kandidaat nie verwant aan daardie persoon nie, het hy nogtans geweier om te gaan stem.

Sewe-uur het die stembusse gesluit, maar die bittereinders wou nog nie huiswaarts keer nie. Van hulle het saam met die kandidaat na die stemtellingslokaal gegaan sodat hulle kon wag om die uitslag te hoor.

Vir ons ander wat doodmoeg was van die dag se werkery het maar in die bed gaan klim. Ons het egter nie regtig geslaap nie want die radio moes aanbly. Sodra die biep-biep-biep geluid gehoor word, het ons ons ore gespits. Gaan jou party die pyp rook? As die uitslag in jou party se guns was, was jy ekstaties. As jou afdeling se uitslag kom, en dis wat jy graag wou hê, kon jy nie help om saggies te juig nie.

Nou is verkiesingsdag nie meer lekker nie. Mens ken glad nie die kandidaat in jou kiesafdeling nie. Hy of sy is net nog ’n vreemde wie se gesig jy op ’n plakaat teen die elektrisiteitspaal sien.

This entry was posted in Herinneringe, Verkiesing and tagged . Bookmark the permalink.

4 Responses to Ons hou verkiesing

  1. Klink soos iets uit nommer asseblief.

    Ek sou natuurlik vooraf moes gaan koeksisters proe om te kon besluit vir wie om te stem. 😉

    • klippie sê:

      Daar was natuurlik baie mense wat by albei partye se tente ingeloer het en van al die lekker eetgoed geproe het. Maar of dit hulle van party laat verander het, is te betwyfel.

  2. net n ander iets sê:

    lekker wens dit kon nog so wees

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s