Word ons kinders te veel gepamperlang?

Pamperlang ons nie ons kinders te veel nie? Ek praat nou van die middelklas, nie die uiterstes wat skaars ’n dak oor hulle koppe het of dié wat in hulle multi-miljoen rand huise bly en in lang slap Duitse motors rondry en nie nodig het om te wonder waar hulle skool- of universiteitsgeld vir hulle kinders in die hande gaan kry nie.

In my jong dae het ons gewone mense almal moes verlief neem met die feit dat daar net een gesinsmotor was. Pa was gewoonlik die een wat die baas van die kar was en ons ander moes maar by hom inval en ons planne rondom sy werkstye en ander planne skik. As ma gewerk het, moes sy óf saam met hom ry óf per bus. ’n Tweede kar was gewoonlik buite die kwessie want ons kon dit nie bekostig het nie. Kinders het gewoonlik van dapper en stapper gebruik gemaak om by die skool te kom of, as hulle bietjie verder van die skool af was, het hulle met die fiets soontoe gery. Dink maar aan die groot fietsloodse wat ons altyd by die skole gehad het. Die kinders wat nog verder gebly het en met skoolbusse skool toe gegaan het, het net een van twee keuses gehad: hulle kon óf geen naskoolse bedrywighede doen nie óf hulle moes by die skool wag tot pa hulle kon kom oplaai.

Nou kan bloedjies nie meer loop of fietsry nie. Ma moet hulle by die skool op- en aflaai. Ek het ook al gehoor van gevalle waar die kar nie aan die kinders se vereistes voldoen nie en dan moet ma hulle maar buite sigafstand op- en aflaai. En ma doen dit, want sy sê nie vir hulle om dan maar self by die skool te kom nie. Ek weet ook van die dikbeksessies daarna, maar as ma haar voet sou neersit, sou die kinders miskien twee keer gedink het voordat hulle so uitgesproke was.

Ek weet daar is argumente teen my argument, soos die misdaadsyfer en die hoeveelheid motors op die pad. Maar dan ook weer, hoeveel jong kinders sien jy deesdae wat geen oefening kry nie, so as hulle weer meer loop of fietsry, sal ons dalk minder oorgewig kinders sien.

Ek klink dalk nou baie ouderwets maar ek kom uit ’n era waar kinders baie minder gepamperlang is en waar ons op ’n jong ouderdom al verantwoordelikhede gehad het.

This entry was posted in Leefstyl. Bookmark the permalink.

2 Responses to Word ons kinders te veel gepamperlang?

  1. Jy kan nog ry om ‘n vet kind gim toe te sleep, maar ‘n vermoorde kind bly dood. ‘n Verkragte een is vernietig en kom nooit weer heeltemaal reg nie. Ek kan dus nie die ouers blameer wat hulle kind skool toe neem nie.

    Ek dink dat eintlik dat skole (en party ouers) te veel van die kinders verwag. Die kinders word in elke ding in gedruk en moet presteer. Buitendien het min mense deesdae voltydse bediendes en moet die kinders ook hulle deel in die huis doen. Dit wek tog ‘n mate van verantwoordelikheid.

    • klippie sê:

      Ek stem saam met jou. Al die misdade laat mens twee keer dink voordat jy jou kind onbegeleid selfs na die bure toe laat stap. Maar hier by ons speel die kinders nog in die strate, ry fiets en skaats op hulle skaatsplanke. Miskien sit ek in ‘n te veilige omgewing en lees net in die koerante van dinge wat ver van ons af gebeur en is my skrywe eintlik plaaslik gemik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s