Keeping up with the Jones’s

Is ons ooit tevrede met ons lewens of wat ons bereik het? As mens luister na die mense om jou, kom jy agter dat min mense tevrede is met hulle lot.

Selfs klein kinders wil, wanneer hulle met ander maatjies begins speel dit wat Pietie of Sannie het ook hê. Nou is Jannie se speelgoed skielik nie meer goed genoeg nie: “Pa, ek wil ook daardie rekenaarspeletjie hê wat Pietie het.” Jannie moet ook die nuutste hê, want anders kom sy maats dalk nie meer by hom kuier nie. En hoe groter die kinders word, hoe meer ontevrede is hulle met wat hulle het. Partykeer is ma of pa self die sondebok en sterk hulle die kinders in hulle kwaad met die woorde dat die kinders nie kan agterbly nie want anders word hulle dalk randeiers.

Selfone moet van die nuutste wees. Ek was so geskok toe ek nou die dag hoor van ’n kind in graad twee wat vir haar ouers sê dat sy ’n Blackberry MOET hê want al haar maats het Blackberries. Nou is ek natuurlik aan die ander kant van die spektrum en miskien is dit as gevolg van my ouderdom maar my selfoon is nog van die ou soort en ek kom baie goed daarmee reg, dankie. En vir hierdie graad 2-leerder lê die tienerjare nog voor!

Suster se klere moet saam met die modegiere aangepas word anders sit sy nie ’n voet by die deur uit nie. Party van die klere laat my dink die kind lyk nes ’n voëlverskrikker en wonder ek hoe dit sou wees as ons terug was in die dae toe ons tevrede moes wees met wat ma op haar naaimasjien aanmekaar geslaan het.

Wat modes betref, bly die seuns ook nie agter nie. Kyk maar na die oorgroot broeke wat hulle so ’n tydjie terug gedra het met ’n onderbroek wat moes uitsteek. Toe moes ek myself keer om nie sommer vir heel vreemde seuns te sê nie: “Trek tog jou broek op.” Toe kom die haarstyle: hare stokstyf gejel wat soos ystervarkpenne orent op die kop staan. En daar is moeilikheid met die skool se reëls oor haarstyle.

Iets anders wat vir my ook moeilik is om te aanvaar is die oorbelle wat seuns dra. In my dae sou seuns nooit gesien geword het met oorbelle aan nie. Nou is dit natuurlik mode en geen seun wil by sy maats afsteek nie.

Dan staan ma ook nie agter in die ry nie. Sy moet die nuutste verjongingskuur ondergaan want almal Botox mos nou, selfs al lyk dit of haar vel styf getrek word oor ’n kopbeen. ’n Mens sou sweer dat dit glad nie betaamlik is om plooitjies op die gesig te hê nie. Weer eens is sy nie tevrede met wat sy het nie.

Pa kyk verlangend na die buurman se nuwe 4X4 of sportmotor en kan nie wag om self so ’n vuurwa in die garage te hê nie.

So kan ek natuurlik nog aangaan met wat vir ons so belangrik is maar ek glo dat, in werklikheid, dit net ’n groter las op ons plaas eerder as wat dit plesier verskaf. Want nou moet meer geld gemaak word om vir die groter/duurder/luukser motor/huis/tv/kuur te betaal. En daar is al hoe minder tyd om aan belangriker dinge te spandeer, soos om tyd saam met die vrou/kinders/man te spandeer.

This entry was posted in Leefstyl, Ratrace and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to Keeping up with the Jones’s

  1. seegogga sê:

    Ek glo nogal daaraan dat kinders nie altyd net die nuuste en beste moet kry nie. Die beste speelgoed vir ‘n jong kins is steeds modderkoekies bak, klei en ‘n bal, boeklees is steeds goed en tv is steeds nie goed nie. Selfoon is agv veilighied deesdae nogal handig, maar vir noodsaalklikhied en make-up word eers so van graad 9 af gedra. ‘n Universiteiestudent woon verkieslik in die koshuis, sonder ‘n motot in die eerste jaar( of meer), met ‘n beperkte hoeveelheid sakgeld, maw , net genoeg om mee uit te kom, nie genoeg om jou mee dronk te drink nie. Miskien is ek outyds, maar ek is vandag baie trots op my kinders, wat goeie morele waardes het, wat weet waar geld vandaan kom en wat weet hoe om pret en plesier en harde werk te kombineer.

    • klippie sê:

      Ek stem vir selfone vir kinders. Dit maak ouers se lewe ook makliker maar nie ‘n Blackberry vir ‘n sewejarige nie. Ek glo ook as mens die kinders net genoeg gee, waardeer hulle beter wat hulle het en leer hulle om twee keer te dink voordat hulle sommer geld op die nuutste foefie uitgee.
      Maar ek moet ook erken dat ek, al is ek 80, nog steeds elke seisoen vir my ietsie nuuts aanskaf om darem nie te outyds te lyk nie en ek koop graag klere vir my kleindogter waarvan SY hou, nie ek nie.

  2. As jy dom is, moet jy sukkel.

    Om by Krappie aan te sluit, ‘n student wat nie in die koshuis is nie, sal nooit ‘n regte student wees nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s