Voorspellings

Het jy ook al voorspellings gemaak en gekyk hoeveel van die voorspellings wat jy kwyt geraak het, is nie vervul nie?

Ons kan maklik goed sê, soos: “Piet is ’n nikswerd. Hy sal in sy lewe tog nooit iets bereik nie.” En dan bewys Piet na ’n paar jaar dat hy ’n reusesukses gemaak het van dit wat hy aangepak het.

My eie drie kinders het aan my bewys dat jy nie regtig kan voorspel wat hulle in hulle latere lewe sou bereik nie.

My dogter wat geleef het vir boeke en tale het ons laat glo dat sy haar vervulling sou vind in ’n beroep as bibliotekaresse. Sy het haar BA tale klaar gemaak en besluit, nee, dis nie goed genoeg nie en toe regte geswot waarmee sy baie gelukkig was. Bygesê sy doen darem nog steeds vertaalwerk en so het sy die beste van twee wêrelde.

My oudste seun wie se hartsbegeerte dit was om tog net iets met wildbewaring te doen te hê, het opgeëindig in die wêreld van radio’s en werk, van alles, by ’n myn. Die laaste ding wat ons gedink het sou hom trek is die politiek en nou is hy baie nou daarby betrokke. Geheel en al nie wat ons in ons wildste drome sou voorspel nie.

Die jongste seun wat altyd met rekenaars doenig was, is nou besig met sy eie onderneming. Ver weg van die idees wat hy as jong man gehad het.

So, dit wat ons vir ons eie voorspel het, het nie waar gekom nie. En nou staan ek op die kant en neem waar waarheen my kleinkinders beweeg. Gaan dit wat ons voorspel het toe hulle klein was ooit waar word?

My oudste kleinseun het as klein seuntjie gereeld vir ons kerk gehou, kompleet aangetrek met pak en das. Ons was baie beïndruk met sy “preke”. Omdat sy oupagrootjie ’n Duitse sendeling was, het ons gesweer dit is die pad wat hy sou volg. Waar eindig hy toe op? In die IT-wêreld as programmeerder.

My oudste kleindogter was vasbeslote om ’n dokter te word en sy het by haar voorneme gebly. Maar toe trou sy met ’n Engelsman en, behalwe dat ons haar nou maar min sien, is sy nou ’n huisvrou en maak sy kinders groot.

Vandag het mense ook meer keuses. In ons dae het werksekerheid ’n groot invloed gehad op die pad wat jy sou inslaan en dus was voorspellings seker makliker. Al was jou beroep ’n verkeerde keuse, het jy maar uitgehou en aangehou. En ons het nie maklik van werk bedank om na ’n ander werk te gaan nie en soms het jy uitgehou al was jy sielsongelukkig. My man was ’n staatsamptenaar en het met aftrede ’n dienstydperk van 40 jaar gehad, maar diep in sy hart sou hy eerder wou boer. As hy dalk nou jonk was, wie weet wat hy sou kies?

Wat is die “moral of the story”? Moenie voorspellings waag nie want “the future’s not ours to see; what will be will be”.

This entry was posted in Familie, Voorspellings and tagged , . Bookmark the permalink.

One Response to Voorspellings

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s