’n Deksel vir elke pot?

Is daar regtig ’n deksel vir elke pot? Dit is vir my nogal ’n vraag omdat ek so baie van my jong familielede ongetroud sien rondloop, selfs sonder ’n spesiale vriend of vriendin. Oral daag die jongmense alleen op; nie jong bogsnuiters nie, maar mans en vroue in hulle laat twintigs.

Waar lê die knoop? Is die meisies te veel ingestel op  die materiële en die mans op die uiterlike? Ek weet nie mooi wat om te dink nie. Hier by ons gaan meisies alleen na ’n klub, ontmoet iemand daar en na ’n paar kuiers is die storie kort geknip. Hier moet ek nou by sê dat ek maar min weet wat ’n mens in ’n klub doen, so ek kan nie eintlik met gesag daaroor praat nie.

Daar is bitter min geleenthede vir jongmense waar hulle loslopers ontmoet. As jy nie in die posisie is om universiteit of kollege toe te gaan nie en uitspring na skool om ’n geldjie te verdien, is daar min geleentheid om met mans of meisies in jou ouderdomsgroep te meng. In die werksomgewing is die mense gewoonlik ouer, of hulle is geskei.

Nou is daar natuurlik ook ’n nuwe neiging – ouer dames wat ’n “toy boy” het. Is dit werkbaar? Ek weet baie redeneer dat baie ouer mans jonger meisies het en selfs met hulle trou (die storie van die ou bok wat van jong blare hou), hoekom dan nie andersom nie?

Wat van diegene wat maats op die Internet soek? My bekommernis is dat dit byna onmoontlik is om iemand te ontmoet as jy nie bereid is om die Internet webwerwe te probeer nie. Ek weet van verskeie mense wat ten einde raad hulle heil gesoek het in die Internet afspraakwerwe en toe wel iemand ontmoet en uiteindelik getroud is. Is dit ons nuwe voorland?

As jy in ’n beroep staan wat ook jou Sondae insluk, is daar nie eens tyd om kerkdienste by te woon nie. Daar kom die jonges darem nog so af en toe ook iemand tee wat ook maatloos is. Maar dit gebeur helaas nie dikwels nie. Byvoorbeeld, in ons kerk is daar heelwat jong dames oor die ouderdom van 25 maar geen man wat alleen is nie.

Eensaamheid dryf baie jong mense om hulle maar besig te hou met Facebook en Twitter. Dan voel hulle minder uitgeslote.

Daar is boys nights and girls nights maar ook hier kan ek nie met gesag praat nie, want behalwe vir kombuistees en ooievaarstees het ek nog nie ’n girls night meegemaak nie. Weet ook nie of my hart so iets sal kan hou nie.

In ons eie familie is daar veral jong mans wat losloop. Ek het al voorgestel dat hulle maar by die Landbouweekblad se Opsitkers hulle advertensies plaas. Maar hulle is nie baie daartoe geneë nie, want die meeste mense wat adverteer vir maats is mense tussen 50 en 70. Nou wonder ek net, waar soek mens ’n maat?

This entry was posted in Mans en meisies, Troue and tagged , . Bookmark the permalink.

5 Responses to ’n Deksel vir elke pot?

  1. Dit amuseer my gewoonlik dat die kerk altyd voorgestel word as ‘n plek waar ‘n mens iemand kan ontmoet. My ervaring is dat daar gewoonlik aansienlik meer meisies as ouens is.

    Dit gee my pipperellakoors as iemand my vra hoekom is ek nie getroud nie. Ek het bloot net nog nie iemand ontmoet met wie ek wil trou nie. Dit is so eenvoudig soos dit. Dit reën nie mans nie en ek is nog lank nog nie desperaat nie.

    My ervaring is die wat advertensies plaas, gewoonlik wacked is.

    • klippie sê:

      Ek sou ook nie advertensies wou plaas of op so iets wou reageer nie maar ek weet van mense wat baie gelukkig is na so ‘n ontmoeting.
      En ek dink dis bloot slegte maniere om iemand te vra hoekom hy of sy nie getroud is nie. Baie mense wil bloot nie trou nie of het, soos jy, net nie iemand ontmoet met wie hulle wil trou nie.
      Maar daar is baie Internet dating sites, so ek neem aan daar is mense wat wel masts soek met die oog op langtermynverhoudings eerder as one night stands.

  2. Nanetta sê:

    Ek dink dis omdat vrouens oor die algemeen meer keuses het vandag. Ons kan nou vir ons self sorg en hoef nie meer van ‘n man afhanklik te wees nie. Dus kan ‘n vrou nou wag totdat sy regtig gelukkig is met hair keuse van maat.

    Dis eintelik ‘n goeie ding

    • klippie sê:

      Ek stem saam. Mens hoef nie te trou soos in die verlede nie. Kinders met enkel ouers word oral aanvaar, wat baie goed is. Ek hoor maar net ongetroude jong mense kla dat hulle niemand ontmoet met wie hulle graag sal wil trou nie. Miskien is jong mense se verwagtinge.verkeerd?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s