Oudword is nie vir sissies nie (2)

Ek het nou ander dag op die radio gehoor hoe kinders kla wat na hulle ouers in hulle oudag moet omsien. As ’n mens wat in dieselfde posisie verkeer wonder ek toe of ek ook ’n moeilike oumens is. Maak ek ook my huismense lus om weg te hardloop van al my kwinte en kwale?

Nooit het ek kon voorsien dat ek eendag in hierdie posisie sou wees nie. Ons het altyd maar gedink dat ons twee saam sou oud word en saam ’n klein nessie sou hê.

Toe ek nog ’n kind was het my pa altyd gesê dat hy tog nooit sy voete onder ’n ander se tafel sou wou insteek nie. Hy het maar net 64 jaar oud geword en dit was toe nooit vir hom nodig nie. My ma was vir 30 jaar ’n weduwee en het alleen gebly totdat sy op ’n laat ouderdom ouetehuis toe is.

Jy glo dat dieselfde lot jou nie sal tref nie. Jou man is sterk en gesond en dan kom die teenspoed skielik uit die bloute. Tye verander so drasties en dinge werk nie altyd uit soos jy gedink het dit sou nie. Siekte en gsinsprobleme duik op en nou moet kinders gehelp word.

In ons aftreejare het terugslae toegeslaan waarvoor ons nie voorsiening gemaak het nie. My man wat altyd so ’n voorslag was het siek geword en depressie het ingetree. Toe moes ons huis opgee en by die kinders gaan bly. Daardie intrek by ander was nooit deel van ons planne nie. Ons sou nooit, maar nooit, vir die kinders ’n oorlas wou wees nie.

Toe verbeter my man se gesondheid en hy het weer bruikbaar gevoel. Dit het vir ’n lang tyd goed gegaan. Hy kon weer doen wat hy wou en die perseel is groot so daar was altyd iet om te doen. Ons was nie onder die kinders se voete nie want die huis is lekker groot. Die kinders het voltyds gewerk en die kleinkinders was tieners. Ons het maar so ver as ons kon uitmekaar se hare gebly.

Maar toe slaan die depressie weer toe by Pa. Daar was probleme met die buie van teneergedruktheid. En sy siekte het hom al hoe meer in sy dop laat kruip. Daar volg ses maande van op-en-af gemoedstoestande voordat die finale beroerte toeslaan.

Nou bly ek alleen oor. Wat nou, want ek was so afhanklik van hom. Ek het nie eens geweet wat die prys van ’n brood was nie. (My dogter spot nou en sê ek weet nog steeds nie wat die prys van ’n brood is nie!) Wat nog te sê van die banksake.

Gelukkig was my dogter daar en was ek in staat om nog ’n deeltjie van die huishouding waar te neem al was dit net kosmaak en toesig hou oor die bediende. Ons was toe ook nie bedag op die voete wat sommer net eendag nie meer wou loop nie. Voetoperasies en ’n knie wat vervang moet word, het ook nie bygedra tot die mobiliteit nie. Gelukkig laat my dogter my nie voel soos ’n meulsteen om haar nek nie.

Wat ek eintlik sê, is dat ek dink nie dat enigiemand deesdae meer kies om deur ’n kind opgepas te word nie. Omstandighede dwing mens soms om van jou kinders afhanklik te wees: Daar is nie plek in die ouetehuis nie, of die waglys is te lank of die ouetehuis is net te duur en die pensioengeld kom nie daarby uit nie.

Ek hoop en bid net dat ek vir die tyd wat voorlê steeds in staat sal wees om myself te help. Ek sal dit verpes om so afhanklik te wees van haar. Al word ek nou in ’n rystoel gestoot as ons uitgaan, wil ek sê: “Hallo, ek is nog hier! Praat met my!”

This entry was posted in Familie, Herinneringe, Oudword and tagged , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Oudword is nie vir sissies nie (2)

  1. Iemand sê:

    Ek dink die moeilikste ding van oud word is die feit dat mens stelselmatig jou onafhanklikheid verloor.

    Wat het Shakespeare nou were gese in die “Seven agesi of man”?
    Last scene of all,
    That ends this strange eventful history,
    Is second childishness and mere oblivion,
    Sans teeth, sans eyes, sans taste, sans everything.

  2. Olga sê:

    Oud wees is ‘n hartseer storie. Ek kyk na die mense om my en nee, wag, ek laat dit daar. Jy is reg. oudword is defnitief nie vir sissies nie. Sterkte.

  3. murphy sê:

    Jy het my regtig geraak met hierdie skrywe. My ma en pa is oorlede in my vroee 30’s, voor ek getroud is en kinders gehad het. Ek sou wat wou gee om hulle nog te gehad het. Jou dogter is bevoorreg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s