Husse met lang ore

Toe ek klein was, kon mens nie vir my ma, of eintlik enige grootmens, vra wat sy (of hy) in ‘n pakkie het nie. Summier is vir jou vertel: “Dis husse met lang ore.” Ek wou so graag sien hoe ‘n hus lyk, maar dit was my nooit beskore nie. Toe ek natuurlik groter was, het ek besef dat dit net ‘n uitdrukking was om ons nuuskierigheid kort te knip.
Die ou mense het nog baie ander uitdrukkings gehad wat op kinders van toepassing was, byvoorbeeld:
Julle kinders kan nie nog koffie drink nie, want julle gaan vlooie in julle maag kry. Ons het geluister maar het vrek lus gehad vir nog koffie.
As daar wortels in jou bord geskep is, is jy aangemoedig om alles te eet, want dan sou jy beter sien. Ek weet nie so mooi van daardie storie nie, want ek dra al van kleintyd af bril.
“Pampoen gee jou krulhare”, maar myne het styl gebly al was pampoen, en is nog steeds, my gunsteling groentesoort.
As ons vuur gemaak het om te braai, kon die kleintjies nie met stokkies in die vuur speel nie, want dan sou hulle kwansuis in die bed piepie.
Dan was daar die tandemuis wat ‘n kind se gewisselde tande kom haal het. Dit het my oudste seun aan ‘n plan laat dink. Hy was nogal baie slim want hy het besef dat dit nie altyd nodig is om jou eie tande te gebruik nie toe hy iewers ‘n tand opgetel en onder sy kussing gesit het. Pa het besef dat meneer ‘n kans vat, maar het in die nag opgestaan om vir hom ‘n pennie onder sy kussing te gaan sit. Eers die volgende oggend het hy sy fout agtergekom toe die kind met ‘n groot glimlag die halfkroon wys wat hy onder die kussing gevind het. Dit was ‘n baie duur tand! Ons lag nou nog lekker oor die storie.
Ons is ook gewaarsku om nie die murg uit varkbene te suig nie, want dit sou ons mal maak.
Hare wat, nadat jy jou hare geborsel het, in die borsel vasgesit het, moes versigtig weggegooi word, want ander sou die voels dit in die hande kry en dit sou jou verstandelik beinvloed.
Kinders is gewaarsku om nie waatlemoenpitte in te sluk nie, want dan sou die ranke by jou ore uitgegroei het. Ek dink hulle moes eerder gese het dat mens nie ‘n boontjiepit in jou neus mows opdruk nie. Ek weet van ‘n paar kinders wat dit gedoen het en was dit nou vir jou ‘n calamity! Dit het hulle ouers ook ‘n paar rand gekos om die pitte te laat verwyder.
Rooi en wit blomme moes nooit in ‘n ruiker gemeng word nie. As iemand in die hospitaal was, sou so ‘n ruiker hom net sieker laat word of hy kon selfs sterf. Ek het nooit gesien of daar waarheid in steek nie, want niemand het ooit gewaag om so ‘n ruiker hospitaal toe te vat nie.
As jy die huis uitgevee het, moes dit verkieslik voor sononder gedoen geared het, anders het jy jou geluk saam met die vuilgoed by die deur uitgevee.
As kinders het ons alkyd baklei oor die hoender se wensbeentjie. Want as jy en ‘n boetie of sussie dit getrek het, sou die een met die langste deel se wens waar word.
As jy ‘n vadoek laat val het, was dit ‘n seker teken dat daar mense sou kom kuier. Ook wanneer die kat homself sit en was het, kon jy maar die koppies vir koffie en tee begin regsit. Maar ons het so baie kuiermense gekry, dat ons maar permaAs ‘n vurk geval het, was dit ‘n vrou wat kom kuier het en ‘n mes wat val, dui op ‘n manlike kuiergas.
Wanneer dit green het terwyl die son geskyn het, het ons gese: “Jakkals trou met wolf se vrou.”
Toe ons groter geword het, het ons altyd ‘n stukkie troukoek onder ons kussings gesit want dan sou ons kwansuis droom oor die man met wie ons sou trou.
Dis ‘n klomp wolhaarstories wat gebruik is grotendeels om kinders mee af te skrik. Maar nou wat is wolhaar en waar kan mens dit kry?

This entry was posted in Afrikaanse taal, Bygelowe, Herinneringe and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Husse met lang ore

  1. Olga sê:

    Hoe lekker het ek nou weer met die onthou gelag. Tog moet ek hier toegee, die katstorie glo ek. Onthou jy, as jy uit die pot eet, sou jy nie ‘n man / vrou kry nie. Ek het die pot altyd eers goed skoongekrap met ‘n lepel en dit beslis nie in die drom of hond se bak gesit nie. Was ‘n wolhaarstorie.

  2. Rita sê:

    Ja ons tyd se kinders was so grootgemaak om alles uit Pa en Ma se mond en sommer alle volwassenes te glo. Baie van die goed was deur die volwassenes self geglo en was dus sommer bygelowe.Nou is ons vry en ons nageslag ‘Google’ eers voor
    hulle enige iets vir soetkoek opeet. Baie van hierdie bygelowe word nog ernstig opgeneem deur ouer mense. Jammer vir hulle!

    • klippie sê:

      So waar. Al is daar baie mense wat deesdae google om uit te vind waaroor dinge gaan, is daar net soveel mense wat nog maar steeds iets glo net omdat ‘n vriend/vriendin of ouer dit vir hulle vertel het. Ek glo daar is heeltemal te min mense wat lees en dinge ondersoek.

  3. Antoinette sê:

    My Dogtertjie van 10 het gisteraand vir my kom vertel van die Hus met die lang ore wat se oor haar maatjie in hulle tuin opgetel het. Sy noem dat dit net nie ‘n lang oor was nie maar so ‘n kleinerige ronde enetjie. Sy se sy dink ‘n Hus is ‘n tipe van hasie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s