Kleure

Kleure het darem ‘n groot invloed op mens se lewe. Die vergelykings wat ons tref laat my baie keer wonder hoekom dit so is.

Dink byoorbeeld aan die uitdrukking, “Ek is groen van jaloesie oor dit wat jy reg gekry het.” Hoekom word groen met jaloesie geassosieer? En soos die spreukwoord lui, trek iemand die geel baadjie aan, omdat sy meisie ogies maak vir ‘n ander man. Sien weer, jaloesie!

Blou Maandag. Hoekom blou as alles verkeerd gaan? Ek dink nog hoeka blou is ‘n rustige kleur. As ons teneergedruk voel, dan sê ons ook ons voel blou.

‘n Oulap se rooi maak mooi. Het dit te doen met die rooiwangetjies wat meisies aanverf? Of is dit ‘n rooi rok of bloesie wat ons sommer vroliker laat voel? Rooi is ook die kleur van hartstog en liefde. Kyk maar net hoe verkoop rooi rose op valentynsdag!

Vaal sê weer iemand is darem vervelig. Mens voel vaal as jy olik is en niks het vir jou enige kleur nie. Die veld is vaal in die wintermaande want nêrens is daar ‘n groen dingetjie te siene nie.

Ouers sê gewoonlik vir ‘n stout kind dat hulle vir hom/haar grys hare gee. Alles is grys en vaal as die hoop maar min is en dinge maar neerdrukkend lyk. Dan hang ‘n grys kombers oor die landskap wanneer jy opstaan, veral as die dag lyk asof dit nie eers ‘n sprankie blydskap of vreugde sal bring nie.

Wit is die kleur van vrede, maar ook die kleur van neutraliteit en ‘n kleur van reinheid.

Swart en pers is die kleure van rou. Toe ons nog jonger was het ons wanneer ons gerou het oor iemand wat oorlede is vir die eerste ses maande na heengaan swart klere gedra. Daarna het ons pers gedra vir ‘n ligter rou. Dit is gelukkig nou nie meer van toepassing nie want kleur kan nie sê hoe jy in jou binneste voel nie.

Goud en silwer laat mens dink aan rykdom en voorspoed. Het Midas se wens dan nie waar geword nie? En alles waaraan hy geraak het het goud geword. Nou speel ons maar lotto en wens ons het Midas se “golden touch”. Tot nou toe het daardie droom ons ook ontwyk. Dan sê die spreekwoord ook: morestond het goud in die mond, met ander woorde elke dag moet vir jou ‘n goue belewenis aanbied. Daar is seker meer as een liedjie wat die rykdom vexing, maar nou kan ek net aan een dink:
                                                               Goud en silwer het ek lief met hulle kartelrandjies
                                                               Lank aan Pa my bedelbrief
                                                               Kort bly die kontantjies.

Ons is lede van ‘n reënboognasie. Dus is kleur vir ons nogal ‘n ernstige storie. Deurmekaar geskommel en iets wat nou vir ons meer aanvaarbaar is maar op ‘n stadium heeltemal taboe was. Soms kom die verskillende kleure nou gemaklik met mekaar oor die weg, veral in die werksopset. Wys jou net daar kan samehoringheid wees. Probeer mekaar aanvaar en kyk vorentoe.

This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to Kleure

  1. MaanKind sê:

    Oranje en ook rooi speel ‘n vreeslike groot rol in my lewe. Beide spel bevryding. Ons huis is ook oranje geverf, met ‘n rooi voordeur

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s