Op vadersdag

Pa’s is wonderlike goed. Hulle moet sterk wees om al die monsters wat ons bedreig te kan afweer. Goggas wat kan byt en spoke wat snags loop en ons bang maak, moet hulle verwilder. Hulle moet antwoorde op al die lewensvrae verskaf en sommer ook die trane afdroog as die ding wat ons in ons domheid aangepak het ‘n muslukking is. Aan die anderkant moet hy ook die verwyte aanhoor as die raad wat hy gegee het nie uitwerk soos wat hy voorspel het nie. Pa’s is so vanselfsprekend daar dat mens nooit in jou wildste drome daaraan dink dat hy op ‘n dag nie meer daar sal wees om jou kastaiings uit die vuur uit te krap nie.

My pa was my held en in my oë kon hy niks verkeerd doen nie. Toe ek trou wou ek ook so graag iemand hê wat in my pa se voetspore kon trap. My man was nou nie heeltemal ‘n “carbon copy” van my pa nie. Ons het maar lekker vasgesit oor my vrese en onsekerhede. Hy was uit ‘n ander agtergrond en het nie altyd saamgestem met dit waarmee ek groot reword het nie. Maar hy was ‘n raakvatter terwyl ek ‘n dromer was.

Vir sy kinders was hy altyd daar, miskien ‘n bietjie oorbeskermend. Hy het altyd gesê, “As hulle ‘n boom klim, moet ek daar wees om hulle te vang as hulle sou val.” die kinders kon hom dag of nag bel met hulle probleme en hy was daar om hulle te help. Al het die kinders ouer en ook pa’s van hulle eie kroos geword, was hy steeds die persoon wat hulle sou nader met ‘n probleem en vir wie hulle raad gevra het met iets wat hulle nie kon reg kry nie.

My pa is nie meer daar vir wie ek vandag ‘n spesiale dankie kan sê nie, maar in my gedagtes is hy steeds by ons.

Vir my seuns en skoonseun wat eintlik ook my seun is wil ek sê, “Kinders, ons bid julle sterkte toe en die mooiste wense voorentoe. Party van julle is ook al oupas. Ek hoop God spaar julle vir julle gesinne sodat hulle die voorreg sal hê om julle as mense te kan geniet.”

Ek hoop julle pa’s is vir julle net so besonders. Gee hulle die eer wat hulle toekom terwyl julle nog die voorreg het om hulle by julle te hê. Die leemte wat daar is wanneer julle nie meer na hulle kan gaan met julle eie spoke en gedagtes nie, kan niemand vervang nie. Maak maar vir hom daardie spesiale dis waarvan hy hou of gee hom ‘n ekstra drukkie om te wys dat jy hom waardeer.

Bowenal, geniet julle vadersdag.

This entry was posted in Familie, Herinneringe and tagged . Bookmark the permalink.

5 Responses to Op vadersdag

  1. MaanKind sê:

    Gelukkige Vadersdag, aan al my vriendinne wat enkelma’s is en meestal die ma en die pa se rol moet vervul. (Eer ook aan dié van hulle wat nie my vriendinne is nie)

  2. Olga sê:

    My pa het my vroeg ontval. ek was toe darem al in my tienerjare. Ons kon hom ook met enige probleem of vrees nader.

  3. toortsie sê:

    Dis wonderlik om elkeen se mooi herinneringe en stories oor hulle pa’s te lees. Dankie. Dit lyk ook of jy daardie spesiale band met jou pa gehad het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s