Pyne en skete

Dit is grys en koud vanoggend. Pyne en skete waar mens nie eens kan dink jy kan iets voel nie. My man het altyd gesê hy dra maar ’n plastieksak met hom saam sodat hy die ekstra pyne daarin kan sit. Vanoggend voel ek ook so: ek het ’n plastieksak nodig.

Wanneer ’n mens jonk is en die oumense sê, “Die koue is aan die kom, ek voel dit aan my knieë”, dan wonder jy wat die ledemate met die koue te doen het. Nou is ek self in daardie bootjie en sowaar my knieë en voete het soveel pyne dat ek sommer lus het om nie onder die komberse uit te kom nie.

Maar om nie almal se dag nog gryser te laat lyk nie, begeef ek my maar so stadigies en skuifelend na die woonkamer waar ek dan maar aangaan met wat my hand vind om te doen. Ek probeer hard om nie te kla nie en dit is nie te lank nie dan word die melankolie minder en kan ek weer ’n grappie of twee maak, veral na ’n stomende koppie warm sjokolade.

Dan dink ek terug aan die dae toe ons nog kaalvoet skool toe gegaan het, selfs in die winter. Selfs as die ryp dik op die gras gelê het en onder ons voete geknars het wanneer ons daaroor gehardloop het. Maar nou wonder ek hoe ons in die winter deur die koue dae gekom het.

In die klaskamer was daar ’n klein regop swart stofie wat darem die ergste koue kon verdryf. In daardie dae het ons nog nie van klaskamer verwissel nie. En wanneer jy by die skool gekom het, kon jy nie wag om eerste by die stofie te wees om jou hande en voete bietjie warm te maak nie.

Hoe onbekommerd en vry het ons toe deur die lewe gegaan. Nou is dit herinneringe wat my van binne-af moet verwarm.

This entry was posted in Depressie, Oudword and tagged , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Pyne en skete

  1. Ek het al gehoor van kinders wat van een stomende (mis) hopie na die volgende gehardloop het om hulle voete warm te maak. Hulle het dan ook blykbaar met ‘n warm baksteen geloop teen die ergste koue.

    Van die lig gesien, maar BBBEE my woedend. Die Afrikaner was plat geslaan na die oorlog, maar het nie op ‘n hopie gesit en huil oor wat hulle nie het nie. Hulle het gesukkel tot hulle gekry het wat hulle wou hê

  2. Olga sê:

    Sterkte met die winter koue in die knieë Klippie. Jou humor verdryf ook alle negatiwieteit. Dis mooi om te sien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s