Drome en waarheid

Wonder jy soms wat van jou jongmeisiedrome geword het? Daardie drome wat jy nie eens aan jou spesiale vriendin vertel het nie.

Soos daardie drome waarin jy jouself voorgestel het as ’n reisiger in verre lande waarvan jy maar net gelees het: Tahiti, Hawai, Joegoslawië, Siam (nou Thailand), die Suidsee eilande. Soveel plekke waarvan jy net in tydskrifte gelees het as jy so gelukkig was om een in die hande te kon kry.

Van rokke en skoene wat alles bymekaar pas. Waar jy jou voorstel dat jy die mooiste uitklokrok aan het met die mooiste haarstyl en aan die arm van ’n galante heer een of ander opvoering bywoon. Agterna selfs ’n besoekie bring aan ’n eetplekkie waar die heerlikste kos aan jou bedien word.

Die oumense sou net vir hierdie drome van jou gelag het en gesê het dat jy in ’n droomwêreld leef. Wat nie ver verkeerd sou wees nie.

Ons het op ’n verafgeleë plekkie gebly en het net ’n krakende radio (draadloos) gehad wat aangesit was om na ’n nuusuitsending te luister. Soms het ons laataand skelm ingeluister na LM radio sodat ons ook die nuutste liedjies kon hoor. Tot Pa se ergernis want die battery moes vir die nuus gespaar gebly het. Dan het ons geluister na die Andrews Sisters en country sangers soos Gene Autrey en Slim Whitman. Ek kan nou nie meer al die name onthou van die sangers aan wie se lippe ons gehang het nie. Pa sou jou uitvang en dan in die kamer inkom en sê: “Sit af! Jy weet ons moet die battery spaar vir die nuus.”

Vir ons was dit ook nie beskore om bioskoop toe te gaan nie. Die naaste wat ons daaraan gekom het, was wanneer ons vir pa en ma moes wag terwyl hulle hulle besigheid gedoen het. Dan het ons ’n bioskoop gaan sit waar ons ’n cowboyprent kon kyk en daarmee saam rooi koeldrank verniet gekry het. Dit was die naaste wat ons aan glans gekom het.

Dan was daar die oulike jongman vir wie jy ogies gemaak het en gedroom het dat hy jou sal wegvoer na horisonne wat jy jouself nie kon bedink het nie. Dan vind jy uit dat hy meer belangstel in jou niggie en daar gaan daardie droom van jou.

So word iemand wat jy nooit gedink het in jou sal belangstel nie jou kêrel. Hy is net so doodgewoon en plat op die aarde as jou eie ouers. Daar gaan die drome van reis en ver horisonne, behalwe dat jy jou troue en huishouding so anders sou wou gehad het.

Maar liefde bring sterre wat jou laat voel asof jy tog daarin geslaag het om jou drome te laat verwesenlik. Dan kan jy, kort voor lank, jou nie ’n plek sonder hom voorstel nie. Sonder om te besef het jou droom waar geword en het jy nie nodig om te gryp na ’n illusie nie. Dit was toe al die tyd nie nodig om op ’n ander plek na ’n vervlietende droom te soek nie.

This entry was posted in Herinneringe, Oudword and tagged . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s