So gemaak en so gelaat staan

Ai, Olga, jy gee vir ’n ou tannie harde werk so vroeg op ’n wintersoggend. En vandag wil die bene juis nie aan die gang kom nie. Een ding is verseker, ek het baie van die kenmerke wat julle opgenoem het, ook in my arsenaal van kommingeit.

Laat ek sien:

1. Ek praat te hard en lag oor simpel goed.

2. Daarby praat ek met enigiemand op straat wat net lyk of hy of sy kan terug antwoord, tot my kleindogter se groot frustrasie.

3. Ek jaag almal altyd aan want tyd is vir my belangrik en daarom dik ek sommer die tyd so bietjie aan. Ek sê sommer dis al 9 uur as dit nog net half is.

4. Ek eet slaptjips met my vingers, verkieslik met ’n groot klomp sweet chilli sous.

5. Ek drink net soetwyn. Wat is lekkerder as ’n hanepootjie of muskadel? Dan sal ek sommer vir almal vertel hulle wyn is “suur” al is dit designer wyn.

6. Ek het nog nooit my hare gedye nie, maar my hare het ’n wil van hulle eie; selfs die haarkappers het al handdoek ingegooi.

7.  Ek het nog nooit grimering gedra nie (behalwe ’n bietjie lipstiffie toe ek jonk was) en haat horlosies en juwele.

8. Ek is uit en uit ’n maplotter – gebore en getoë.

9. Ek drink bier altyd uit ’n bottel, tot ergernis van my skoonsus.

10. Ek luister net Afrikaanse musiek, selfs Steve, maar haat Lianie (spelling) May.

11. Uitverkopings en jumble sales is spesiaal vir my gemaak. Ek hou nog meer daarvan as alles in ’n groot houer gegooi is en ek moet daarin krap om die regte bargain te vind – tot my dogter se frustrasie.

12. Die kommingeit het selfs aan my kinders afgevryf. My dogter dra graag pienk nagemaakte Crocs, my een seun het ’n poniestert en die ander een het tot kort gelede soos Paul Kruger met sy baard gelyk.

13. En moet nooit, maar nooit, vergeet nie: ek is ’n Bulls/Blou Bul ondersteuner.

This entry was posted in Gewoontes. Bookmark the permalink.

9 Responses to So gemaak en so gelaat staan

  1. Olga sê:

    skuus (tannie) klippie. Ek dag net, so n skeetjie huiswerk op n wintersmore sal die bloed sommer leke warm laat pomp.

    • klippie sê:

      Ek het vergeet om te noem dat ek, selfs hier waar ons in die last oupost bly, met almal Afrikaans praat. So kom jy gou agter wanneer iemand eintlik Afrikaans is.

  2. # 13 – dit is genoeg om my baie naar te maak. Dit gaan verseker saam met # 10

    Lek jy die bord uit as niemand ken nie? Dit is my gunsteling kommingeid wat iemand al gelys het.

    Ek dink om Tjips met ‘n vurk te eet is sonde.

  3. Slaptjips in n uitgeholde witbrood gestop en plat gery met een van die mammas se karre na skool terwyl ons vir die bus wag. Dis hoe ons hom altyd geeët het as kinders. (dit was net nou dag btw…)

    Tannie Klippie, jy’s super “posh” en koel as jy vir die Bulle skree, don’t you worry!

  4. seegogga sê:

    Ek eet weet so graag daardie bietjie suiker wat nie gesmelt het nie onder uit my koppie met ‘n telepeltjie. Maar ag, deesdae moet ek ook so min suiker ingooi dat daar niks meer soetighied oorbly nie…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s