Totsiens, rugbydroom!

Daar gaan ons droom toe by die venster uit: die Crusaders het gewen; so hierdie jaar is daar nie ‘n hoop vir ons Suid-afrikaanse rugbyspelers nie. Dis jammer, maar die beste span het gewen. Nou bly ons oe gefokus op die Groen en Goud in die Wereldbeker.

Ons bly maar rugby-ondersteuners en daarom is ons bly daar is weer iers om na uit te sien. Volgende keer is ons weer bo, so glo ons.

Daar is mense wat se alles word met ‘n plan gedoen, so voel dit my. Dit lyk vir my asof die weddenskappe op sport tog ‘n uitwerking het en dat die spanne nie meer so voluit speel nie. As ‘n span in die media aangeprys word as die span met die beste kans om te wen, lyk dit of daardie span juis verloor.

dink julle miskien dat ek nou net die skuld op iets anders wil pak as die feit dat ons span maar net te sleg gespeel het?
Die toeskouers wat in hulle duisende op die veld gesit het, voel dit nog meer as ons TV toeskouers. Nou ja, ouens ons hoop dit gaan volgende jaar beter en dat een van ons Suid-Afrikaanse spanne in die eindstryd.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Totsiens, rugbydroom!

  1. Ek dink dit is maar die nagevolg van professionele sport. Die ouens wil nie seer kry nie, want dit beteken minder geld. Dit belemmer ook hulle kanse om vir die Bokke gekies te word.

  2. seegogga sê:

    sjoe, julle is net so ernstig soos die manne. Maar hier dra almal elke Vrydag ‘n Springbok trui( tog so jammer die mooi SASOL is af- dis mos my grootwordplek), en ek het nou maar my man se een springboktop gelleen en gaan hom ook elke Vrydag dra, sommer net.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s