Wintersiklus

Die winter het nou behoorlik sy kloue ingeslaan en mens wil maar op ’n beskutte plekkie in die son sit waar die wind jou nie kan bykom nie. In die aande wys hulle op die nuus van die menigte wat, ten spyte van die koue, toi-toi om hoër lone. Dan wonder ek of hulle nie koud kry nie. Vir my lyk dit of hulle glad nie die koue voel nie.

Ek wonder ook of mens nie, terwyl jy die versekering het dat jy ’n salaris gaan ontvang, dankbaar moet wees as jy hoor hoeveel mense nie werk het nie. Ten minste kan jy so darem kos op die tafel sit. Met die aftrek van geld vir die tyd wat jy nie daar was nie, help die klein bietjie ekstra verhoging nie juis veel nie.

Vir my lyk alles futiel. Kinders wat nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie, neem ook aan die toi-toiery deel. Miskien voel hulle nie die koue as hulle so dans-dans en al voetestampend marsjeer nie. Of hulle gaan regkry waarvoor hulle toi-toi, sal die tyd wel leer. Vir ons wat toekyk, lyk alles baie onheilspellend.

Ons het ook ’n ander manier van doen; soos om ons geskille eerder om ’n tafel te besleg in plaas van rondspringend in die strate. Is dit ’n teken van saamstaan? Kan ’n mens nie beter op ’n meer beskaafde manier onderhandel nie?

Gewoonlik is daar ’n spoor van verwoesting wat deur die menigte agtergelaat word en al die betogings en stakings verbeter nie juis werkverhoudings nie. Dit ontwrig die ekonomie en, vir my altans, lyk dit of die eindresultaat maar dieselfde bly. Daar is ’n tekort aan werk wat uitkoms aan derduisende mense sal bied.

Werkers aan die ander kant wil ook deel hê aan die vryheid van die ekonomie. Hulle wil ’n sê hê in die vooruitbeplanning en voel moontlik dat hulle deur hulle betogings en stakings ’n verandering kan bewerkstellig.

Maar vir ons ouer garde lyk dit asof niks meer werk soos dit moet nie. Ons let op dat daar baie verarmde mense is wat voel daar is nie hoop nie. Daar is kinders wat koud kry en baie van hulle gaan soms honger skool toe. Ons sien meer vrouens en kinders wat op straat bedel. Mens se hande voel afgekap want sopkombuise kan net soveel mense per dag bedien. Kospakkies wat uitgedeel word, raak ook net die punt van die ysberg.

Dan hoor jy weer oor die nuus ’n berig van mense wat afbetaal gaan word. Ek wonder waar gaan dit alles eindig? En besef dis einlik maar net ’n bose kringloop want volgende jaar is daar weer stakings en optogte en ’n vraag na hoër salarisse.

This entry was posted in Ratrace, Winter and tagged , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Wintersiklus

  1. MaanKind sê:

    Ek dink die meeste toi-toiers neem maar net deel aan die opswepery en het geen idee waaroor dit gaan nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s