Leef jy nog?

Elke jaar kom die brief waarin jy moet bevestig dat jy nog lewe anders verbeur jy jou pensioen. Daarmee het ek nie ’n pyn nie, net die beslommernis om die brief te laat beëdig.

Eers is daar die gewag in ’n ry om voor by die polisiestasie se toonbank uit te kom. Is dit jou beurt, is daar ’n beampte wat nie Afrikaans kan praat of lees nie. My vorms is natuurlik in Afrikaans en baie keer lees hulle verkeerd en moet die vorm weer van voor af voltooi word. Uiteindelik is ons klaar by die polisiestasie om te bevestig dat ek nog lewe.

Nou moet ons poskantoor toe om die brief te pos. Jy moet verseker dat die brief by hulle uitkom, anders word jy van jou geldjies ontneem. Dan registreer ek maar die brief teen ’n aardige bedrag. Nou kan ek nie rus voor die sms kom om my te verwittig dat hulle darem die brief ontvang het nie. Nie te lank terug nie, het ek ’n pakkie met verjaarsdagkleertjies in vir my agterkleinkind gestuur. Die pakkie het nooit by sy bestemming aangeland nie. Sy, in die tussentyd, glo Oumagroot het haar verjaarsdag vergeet. Daarom dat ek nou dubbel seker maak dat ek darem ’n bewys van afsending het.

Vir myself is die bewys dat ek lewe, die feit dat daar elke dag nog ’n pyn of skeet hom iewers in my lyf tuisgemaak het.

This entry was posted in Oudword and tagged , . Bookmark the permalink.

One Response to Leef jy nog?

  1. MaanKind sê:

    Hmmm solank ek notification kry dat jy blog, weet ek jy leef…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s