Vriendelikheid kos niks

Groet jy iemand op straat of in die mall al ken jy die persoon nie? Party mense knik darem met die kop om te wys dat hulle gehoor het en ander kyk sommer dwarsdeur jou. Miskien wonder hulle of hulle jou al voorheen gesien het. Intussen is jy maar net besig om vriendelik te wees. Vir my in die rolstoel is dit darem, voel dit my, ’n blykie van empatie.

Gewoonlik haas almal voort of gesels op ’n selfoon. Min mense reageer as jy probeer groet. Ek aan die ander kant gesels maklik met vreemdes en waar ons noodgedwonge in rye moet staan en wag. Ek knoop sommer gou-gou ’n geselsie aan. Kort voor lank gesels ek en die vreemdeling soos ou bekendes, tot my kleindogter se ergernis. Sy sê mens praat nie sommer met ’n ieder en ’n elk wat bereid is om te luister nie, want: “Hoe weet Ouma of die persoon maar net te beleefd is om ’n dowe oor te draai?” My antwoord is gewoonlik: “Vriendelikheid kos niks.” ’n Glimlag nog minder.

Selfs in ons kerke het mense net een doel voor oë: om so vinnig as moontlik by die kerk uit te kom en weg te jaag, hetsy huis toe of iewers anders heen. Ek mis nogal die dae toe daar met die kerkgangers eers ’n geselsie aangeknoop is en waar ons verneem het na mekaar se welstand. Daar het ons gehoor wie nie te wel voel nie en nuus gekry van die oues wat nie meer gereeld kerk toe kon kom nie. Dan kon jy darem vir hulle ’n boodskappie of beterskapwense stuur. Ons het almal by die naam geken en almal het soos familie gevoel.

Deesdae word kinders groot en word nie geleer dat dit goeie maniere is om darem in die oggend in die oggend eers môre te sê nie. Vir my is so ’n kind onbeskof en vra ek hom altyd: “Sê jy nie eers môre nie?” Baie keer is hulle verskoning dat hulle nie oggendmense is nie.

Miskien is dit die gejaagde lewe se skuld. Pa en Ma werk albei, kinders moet by verskillende skole afgelaai word en almal soos mal goed rond om alles af te handel voordat hulle die dag met ’n dolle gejaag aanpak. So daar is nie in die oggend tyd om bietjie rustig te wees nie. Kry die kinders ook maar jammer.

Wat wil ek eintlik sê? Ek is maar net ’n vriendelike ou tannie in ’n rystoel wat maklik met mense gesels en oor die weg kom. So, as jy ’n vriendelike tannie in ’n rystoel raakloop, groet maar, miskien is dit ek.

This entry was posted in Familie, Gewoontes and tagged , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Vriendelikheid kos niks

  1. Ek moet erken – ek is nie ‘n vriendelike mens nie. Ek dink darem ek sal beskaaf met iemand wees wat sommer net so met my in ‘n winkel praat. Maar uit my eie uit met ‘n vreemde mens praat? Nie sommer nie.

    • MaanKind sê:

      O jinne, Xena, dan gaan jy swaar kry hier in ons dorp! Ek praat maklik met vreemdelinge in winkels. Gister het ek die kassier by Checkers uitgevra oor haar dag, en ek kan jou nie vertel watter verskil dit vir daardie vrou gemaak het nie. My man mompel nogal onderlangs, dink jy jy gaan afslag kry? Maar ek het deur geen maar geen effort ‘n verskil vir daardie vrou gemaak, Net gesukkel met haar naam. Yuzilwiswa

      • Maankind, ek skree so hard Gautenger dat jou dorp in elk geval ‘n myl om my loop. 😉 Ek was al op Kleinmond gewees en dit is absoluut pragtig. Ek beplan om weer daar te gaan draai.

      • klippie sê:

        Gewoonlik is mense op die platteland vriendeliker, miskien omdat hulle minder gejaagd is.

  2. MaanKind sê:

    En hierdie keer kom jy groet! Die oranje huis.

  3. Pingback: Swaaiende Stert « Herriemerrie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s