Tyd vlieg

Kan jy glo dat die eerste helfte van die jaar verby is? Vir my as ou mens vlieg die tyd net al hoe vinniger verby. Dis so al asof daar nie genoeg tyd is om alles wat gedoen moet word in te pas nie. “Ure, dae, maande, jare vlieg soos skadudrome heen.” Ongelukkig is dit die beloop van die lewe.

Tyd wag vir niemand. Daarom is die spreekwoord “carpe diem” so van pas want van uitstel kom afstel.  Hoeveel keer het jy iemand belowe jy bel of kom kuier en dan realiseer dit nooit. Hoor jy dan van die heengaan of ernstige siekte van so ’n persoon, voel jy soos ’n Judas omdat jy die kuier of die bel altyd uitgestel het tot later.

Ons lewe is so ingedeel in kompartemente. Dis ’n ewige hardlopery om te bereik wat ons as belangrik beskou. Maar uiteindelik is die belangrikste wie jy om jou het, nie wat jy het nie. Kyk maar rondom jou. Oumense wil so graag net weer ’n besoekie of ’n drukkie van hulle naaste familie hê.

In die tussentyd is ons besig om voort te jaag na die volgende afspraak of vergadering. Ons sien nabye familie maar net by troues, begrafnisse en doopgeleenthede. Partykeer moet ons mooi uitwerk wie se kind/kleinkind nou weer gedoop word. Dan moet hulle eers weer vertel van watter kant van die familie hulle nou eintlik is.

Met families wat so ver uitmekaar bly en al die baie egskeidings is dit nog erger. Die tweespalt tussen pa en ma of oupa en ouma kring soms so wyd uit dat dit die hele familie beïnvloed. Mense sê dat tyd alle wonde heel. Soms wonder ek of dit waar is. Wat wel waar is, is dat hoe langer mens mekaar nie sien nie, hoe erger word die verlange.

Maar dan onthou ek ook dat God ’n bepaalde tyd vir alles het. Sy tydsberekening lyk nie vir ons altyd so reg nie, maar met ’n terugblik besef jy alles het ten goede gebeur.

Dinge het in my lewe gebeur wat ek nooit sou kon droom nie. Soms was daar baie vrae en ek kon nie altyd die hoekom daarvan verstaan nie. Lees mens egter Prediker 3 besef jy Hy bly die hand wat jou lewe rig en lei, snoei en terugpluk en jou weer bewus maak van jou knieë. Dan is ek weer dankbaar dat Hy my uitgelei het uit omstandighede wat soms so donker gelyk het na die lig wat net Hy kan voorsien.

Maak dus tyd vir wat vir jou belangrik is want mens kan die tyd nooit terugdraai nie.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Tyd vlieg

  1. MaanKind sê:

    Ek raak sommige dae paniekbevange as ek sien hoe laat dit is en dat daar nog te veel goeters op die lysie is wat so vaagweg op die To Do lys was. En elke aand dink ek, ALWEER slaaptyd?

    • klippie sê:

      My dogter herinner my nou aan die lied wat hulle op laerskool gesing het:
      Werk want die nag kom nader
      Werk in die vroeë dag
      Werk as die dou nog glinster
      in die blommeprag
      Werk in die helder môre
      al is die son ook heet.
      Werk want die nag kom nader
      Werktyd’s afgemeet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s