Blomme

Bring vir my blomme terwyl ek lewe. Dit was altyd ons raad aan die kinders. So ’n onverwagse drukkie is mos darem lekker om te ervaar of ’n woord van waardering oor ’n spesiale dis wat jy voorberei het en jy weet dit is daardie persoon se geliefkoosde gereg.

Vir my dogter was dit soetpatats op die tradisionele manier gemaak en het ek altyd die pot vir haar gehou om uit te lek. Nou kook sy baie lekkerder as ek maar in die ou dae was dit haar gunstelingdis.

My oudste seun het van “dumplings” gehou en wanneer hulle kom kuier het, was dit altyd sy versoek: “Ma, maak asseblief net dumplings.” Noudat hy ouer is, is hy die een wat graag kook en word sy gesin gereeld getrakteer op sy potjiekos met “dumplings”.

My jongste kon mens verlei met pampoenkoekies en al wat soet was. Hy is nie regtig ’n kok nie, maar kan heerlik braai.

Omdat ons maar altyd iewers in die boendoes was, was winkels nie altyd naby waar jy gou kon indraf om ’n vergete item te kan koop nie. Dan moes ons maar improviseer met wat tot ons beskikking was.

Die kinders het gewoonlik, wanneer hulle kom kuier het, al Vrydag aangekom en daarom het on altyd al die goed wat vooraf gemaak kon word alreeds in die week voorberei. Slaphakskeentjies, beetslaai met ’n soetsuursous, drieboneslaai. Ons wou soveel as moontlik in die naweek saam met die kinders indruk met gesels en tyd saam spandeer en oor en weer nuus uitruil.

Pa het Sondagoggend vroeg opgestaan en brood gebak vir ontbyt. Skaapboud in die oond vir wat hulle nou slow cooking noem vir middagete met gebraaide aartappels en groenboontjies. Nie die soort wat hulle deesdae opdis nie, maar die fyngesnipperde soort met uie en aartappels. Soetwortels. Malvapoeding met lekker dik vla.

Pa het geglo dat mens nie behoorlik sonder kos kon funksioneer nie. Dus was hy altyd aan die uitdink aan iets lekkers om die kinders mee te trakteer. Veral die kleinkinders.

Al sê die geleerdes ook wat, ek glo mans ly erger aan leënes-sindroom as vrouens. Hy het in ’n diep depressie ingegaan en, noudat hy nie meer daar is nie, besef ek eers die stilte en leegheid van die huis het hom baie meer ontstel as vir my. Veral na aftrede was dit vir hom moeilik.

Hy kon ook nie maklik probleme verwerk nie en ek moes hom altyd daarop wys dat dinge nie net donker is nie maar dat dit ’n ligte kant ook het. Daarom is ek vandag nog meer vasberade om ’n blommetjie te gee waar ek kan terwyl ek nog ’n glimlag as erkenning kan kry.

This entry was posted in Herinneringe, Kos and tagged . Bookmark the permalink.

4 Responses to Blomme

  1. MaanKind sê:

    EK geniet jou inskrywings. Regtig. Dis ‘n blommetjie vir my, dankie daarvoor.

  2. Son sê:

    My dogter het juis vandag hierdie woorde vir my gestuur:
    “I would rather have one rose and a kind word from a friend while I’m here than a whole truck load when I’m gone.”
    Baie waar woorde

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s