Keuses

Maankind het eergister ’n opmerking gemaak oor my inskrywing wat ek nie net met ’n sin of twee kan beantwoord nie. Ek gaan probeer om dit met ’n paar voorbeelde te illustreer.

Piet kry ’n wonderlike werksaanbod van iewers in die Kaap. Hy bespreek dit met Marie en hulle stel ’n lys van al die voor- en nadele op. Voor op die lys is die feit dat hulle nog altyd iewers in die Kaap wou gaan bly. Dit sal natuurlik beteken dat Marie haar werk moet bedank en die kinders van skole moet verander, ’n nuwe huis moet gekoop word met al die probleme daar rondom. Uiteindelik besluit hulle dat hulle gaan trek.

Ongelukkig werk Marie nou nie so lekker soos voorheen nie en verlang sy baie na haar familie wat nog steeds in Gauteng is. Sy begin Piet blameer vir haar ongelukkigheid in plaas daarvan dat sy besef dat sy saam met hom die keuse gemaak het. Dan sal sy ook aan haar omstandighede probeer verander deur eerstens ander werk te soek en tweedens meer met haar familie in Gauteng te kommunikeer byvoorbeeld deur middel van Skype, e-posse ens.

Gert het al ’n hele paar affaires gehad maar die laaste een was die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek het: sy vrou het besluit om hom nie weer te vergewe nie en van hom te skei. Na ’n paar jaar trek sy en is dit nou baie moeilik vir hom om gereeld sy kinders te sien. Dis maar net nie dieselfde om te  bel en e-posse te skryf nie. Nou blameer hy sy eks-vrou omdat hy die kinders nie kan sien nie, maar erken nie dat dit sy eie keuses was wat tot die ongelukkige toedrag van sake aanleiding gegee het nie.

Kortom, wat ek probeer sê is dat mens eers moet insien waar jyself ’n keuse gemaak het voordat jy met die lewe kan aangaan. Anders bly dit iets wat altyd soos ’n meulsteen om jou nek bly hang. Onthou, ek praat net oor situasies waar ’n persoon self ’n keuse kon maak, nie van goed soos ernstige siektes of mishandeling ens nie.

This entry was posted in Keuses and tagged , , . Bookmark the permalink.

One Response to Keuses

  1. MaanKind sê:

    Jy stel dit so goed!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s