Die mag van die verbeelding

See, son en sand. ’n Idilliese prentjie wat jou sommer lus laat voel om jou voete deur die sand te trek. Is daar ’n mooier gesig as so ’n strand? Veelkleurige sambrele, mense in baaikostuums, manne besig om branderplank te ry, kinders wat sandkastele bou. En, o ja, die outjie wat die mooiste beelde uit sand vorm. Daar is ook vrouens wat besig is om van hulle handewerk, krale en mandjies, aan jou te probeer verkoop.

Die branders breek so lui-lui want die seewind het nog nie opgesteek nie. As daardie windjie eers begin waai, moet jy maar versigtig loop want die sand kan jou geniepsig teen die bene steek.

In die tussentyd is daar niks lekkerder as om voluit op jou maag te lê en lekker warm te braai in die son nie. Lees so bietjie uit een of ander romanse of speurverhaal. Die seelug het maar die neiging om jou te laat ontspan en jou bekommernisse te verdryf. Hoef nie te dink aan wat die kinders vanmiddag gaan eet of aan probleme by die werk nie. Nee, nou leef jy net vir die oomblik.

Kort-kort is een van die telge daar om seker te maak Ma leef darem nog. Gelukkig het jy vir genoeg eet- en drinkgoed gesorg en hulle kan hulleself help. Verbasend hoe honger die vars lug hulle maak want daar is kort-kort een wat rondkrap vir iets om te eet.

Die kinders lyk al soos kaiings gebrand. Ma moet net so nou en dan ’n smeersel sonblok aansmeer. Andersins is hulle baie gelukkig.

Pa vang vis en jy weet hy sal nou een of ander tyd kom vertel of hy al ’n byt gehad het of andersins het hy dalk net ’n sandhaai gehaak. As hy gelukkig was om darem ’n eetbare vis uit te trek, is die seuns ekstaties. Hulle weet wat die reëling is: vang ’n vis en jy maak dit self gaar. Ek gril my dood vir die starende visoë.

Nou vat Pa gou-gou ’n duik saam met die kinders deur die branders. Gelukkig vir hom is daar heelwat mooi bikinilyfies wat hy kan bewonder. Die seuns geniet dit om vir Pa te wys wat se manewales hulle in die water kan aanvang.

Terug by die chalet kan die kinders al die skulpe of skatte wat hulle uit die see uitgevis het in detail kom wys. Pa maak die vis skoon en skil solank die aartappels vir die skyfies. Wat ’n heerlikheid.

Maar dis alles net in my verbeelding. Ek kan nou nie eens op die strand kom nie, wat nog te sê van plat op my maag lê. Gelukkig kan mens droom, nie waar nie?

This entry was posted in Herinneringe, Vakansie and tagged , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Die mag van die verbeelding

  1. MaanKind sê:

    En gelukkig is dit ook in jou hart?

  2. seegogga sê:

    Gelukkig is daar sulke goed soos herinneringe! Wat sou ons daarsonder goedoen het?

  3. Toortsie sê:

    Ek kom dit ook in my geestesoog sien. Dit was fantasties geskryf!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s