Om te vergewe

Ek lees tans Fees van die Ongenooides van PG du Plessis en dit laat my wonder wat noop ’n mens om dinge te doen wat reëlreg teen jou beginsels indruis en jou opvatting oor wat reg en verkeerd is heeltemal omvergooi.

Ek wonder hoe mens self in daardie omstandighede sou reageer. Dis so maklik om ander te veroordeel totdat jy gekonfronteer word met omstandighede waar jou moed jou begewe en jy nie gebore in staat is om jou hand te lig nie, skoon verlam van vrees. Agterna dink mens as ek dit of dat gedoen het, het die insident dalk nie sulke afmetings aangeneem nie.

Dink maar aan die afskuwelike moorde wat plaasvind waar mense gemartel word en iemand anders hulle nie help nie. Miskien is hulle magteloos van vrees. As die persoon nie doodgemaak word nie en moet toekyk sal dit vir ewig in sy gemoed ingegraveer wees. In dieselfde omstandighede sal ons nie maar pleit en soebat om gespaar te word nie?

Dit is maklik om van ver af te praat oor sulke gebeure maar diep binne-in jou weet jy nie hoe jy dit sal hanteer as so iets oor jou pad kom nie. Die trauma moet sekerlik verskriklik wees om te probeer verwerk. Mens kan jou ook maklik indink oor die verbittering wat sal volg na so iets. Dit is maklik om te praat van vergewe maar ons kan nie mense wat daardie pad geloop het oordeel nie.

Ek kan my indink in die gedagtes en drome van mense na so ’n insident. Die vraag “Hoekom?” wat by hulle moet opkom en die wreedheid van die aanval wat hulle nie uit hulle gedagtes kan weer nie. Hoe geskied vergewing as die voorval so onsinnig lyk. Makliker om daaroor te praat as jou mense nie self slagoffers van so iets was nie.

Hoe verduidelik mens jou kwaad en seerkry aan ander as jy dit self nie kan erken of verwerk nie? Veral as die skuldige iemand naby aan die slagoffer was, iemand wat die slagoffer goed behandel het. Dit moet voel soos om deur Judas verraai te word.

Die wreedheid van die mensdom gaan my verstand te bowe. Ek kan dit nie verstaan nie, en kan net bid dat dit nooit nodig sal wees om daardie bitter beker te drink nie.

This entry was posted in Boeke and tagged , , . Bookmark the permalink.

One Response to Om te vergewe

  1. toortsie sê:

    Ja, ons weet nie hoe ons sal optree nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s