’n Roos is ’n roos, of is dit?

Noudat die nuutste rooshibriedes nie meer so lekker ruik soos die outydse rose nie, wonder ek of dit meer aanvaarbaar is. Vir my is daar niks lekkerder as om in ’n vertrek in te stap en die kenmerkende geur van ’n potvol rose te ruik nie.

Van die nuwerwetse rose is pragtig met ferm knoppe en kleure wat jy jou nie in jou wildste drome kon voorstel nie, maar die geur ontbreek. Alles goed en wel maar waar is die dae toe jy roosblare gaan pluk het vir jou potpourri sakkies? Sal roosblaarkonfyt nog dieselfde proe of lê die kenmerkende smaak in die geur vasgevang?

Alles, maar alles, verander en daarom word selfs rose van hulle geur ontneem. Daar word deesdae selfs doringlose roosplante gekweek.

Word ons mense ook nou so verander dat ons voorkoms soos plastiek word? Kyk maar na die foto’s op tydskrifte se voorblaaie. Soms kan jy nie eens die persoon wat op die voorblad pryk, herken nie, so baie is dié verander. Plooie en merke het sy nie, al weet jy sy het al baie aangestap in jare. Is dit nie maar net ’n dop wat hulle om jou sit sodat mense kan sê: “Sjoe, sy lyk darem maar goed vir haar jare.” In werklikheid is sy maar net ’n mooi roos sonder haar kenmerkende geur.

Waarom jaag ons die ewige jeug na? Iets bly agter en ons besef nie dat dit maar net ’n gejaag na wind is nie. Ek het gehoor van een van ons ouer bekendes aan wie iemand eendag gesê het: “Sjoe, jy lyk nes XXX, net ’n bietjie ouer.” Dit is natuurlik omdat bekendes se gesigte en lywe so verander word vir tydskrifte dat mens hulle nie in die regte lewe kan herken nie.

Deesdae kan mens ook nie eens meer praat van wat jy sien, is wat jy kry nie. Alles voel aangeplak en kunsmatig, nes die geurlose rose. Ek weet nie altyd of die nuwerwetse veranderinge goed is nie. Party mense sê ek is heeltemal te sinies. Miskien is dit waar, maar ek plant eerder ’n roos wat nog na roos ruik.

This entry was posted in Leefstyl, Mans en meisies, Oudword and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to ’n Roos is ’n roos, of is dit?

  1. toortsie sê:

    Ek stem volmondig met jou saam. Ek verkyk my regtig aan al die vroue wat trots hulle grys hare dra. Nou probeer ek ook mos om my grys hare te laat uitgroei. Die opmerkings is uiteenlopend. Dié wat met alles wat hulle het ewige jeug najaag, se opmerkings is die skerpste.

  2. toortsie sê:

    http://toortsie.wordpress.com/2010/10/06/159/
    Ekskuus dat ek my goed hier kom “plak”. Ek het iets geskryf oor “op my ouderdom”

    • klippie sê:

      Ek het my gelukkig lank gelede berus by die feit dat ek nooit weer sonder plooie en grys hare sal wees nie. Gelukkig het ek eers in my sewentigs begin grys word, so ek het nooit nodig (of die lus) gehad om hare te kleur nie. Maar ek het plooie genoeg maar is te kleinserig om Botox of ontrimpeling te oorweeg.

  3. Wheelbearing sê:

    Soos die sanger se Vlees Bly Vlees. Party mense kan maar net nie afstand doen van n
    ‘image” nie en wil maar net nie toegee dat hulle ook maar net oumense is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s