Grou en grys winter

Wat is vir jou die lekkerste op ’n wintersdag? Vandag is ek lus vir ’n stomende koppie koffie met boerbeskuit. Die soort met anys wat lekker hoog uitgerys is. Dan kort net iemand wat dit met jou deel en sommer oor koeitjies en kalfies gesels. Vergeet van stakings en tolgelde. Ek wil liewers nie aan probleme dink nie; ek kry sommer kouer as daar baie probleme is. Goeie nuus, aan die ander kant, kikker sommer die dag op, al is dit hoe koud. Miskien vloei die adrenalien beter as daar oor positiewe goed gesels word.

Kyk maar hoe grou en koud lyk dit wanneer die Springbokke verloor. En toe reën dit ook nog Saterdag, nog meer koue water op ons vooruitsig van ’n wen. Selfs nie eens die lekker koedoebiltong kon ’n verskil aan die koue maak nie. My kleinseun is ’n lojale ondersteuner, maar hy was so teleurgesteld dat hy sommer in die bed gaan klim het. Moet darem bysê dat hy besig is om aan te sterk na ’n operasie.

Nog winterlekkerte is warm sop met souskluitjies as nagereg. Wat wil jy nou meer hê? Na ete kan ek snoesig onder ’n kombers voor die TV sit. Verwarmers word net gebruik as dit nie anders kan nie want die elektrisiteitstariewe laat nie toe dat mens dit na willekeur kan gebruik nie.

Ek beny nou mense wat kaggels het wat met hout aangepak word. Die vuurtjie wat so lekker knetter en kraak waarin jy vir jouself prentjies kan optower. Jy kan jou verbeel jy is in ’n outydse kasteel met kaggels in al die kamers. Mens lees mos die stories van hoe die man die meisie die hof gemaak het voor so ’n brandende kaggelvuurtjie, haar betower het met sy sjarme en die ja-woord gekry het.

As dit koud is en mens sien net grou grys wolke en daarby huil die wind nog om die huis se hoeke, wil my gedagtes al na die depressiewe neig. Dan is daar nuus van sneeu op die N3 en die pad is gesluit. Darem iets om voor dankbaar te wees: ek is nie in ’n kar vasgekeer op so ’n koue reënerige dag nie.

This entry was posted in Depressie, Winter and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Grou en grys winter

  1. MaanKind sê:

    Toemaar, die son skyn altyd bo-op die wolke ook, dis DAAR, ons sien hom net nie nou van onder af nie. Net vandag deur die vliegtuigvenster gesien, en toe aan jou gedink. En hier skryf jy dit.

  2. Pingback: Stories is my lewe « Herriemerrie

  3. Pingback: Tannie Tossel se blokstorie « Toortsie se Blog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s