Sofie

Ek het nie nodig gehad om huiswerk te doen nie want hierdie storietjie het ek alreeds geskryf gehad vir my agterkleinkind wat in Engeland bly. So ’n ruk terug was sy geliefkoosde speelding Sofie, die kameelperdjie.

Sofie is ’n kameelperdjie
met ’n klein, kort stertjie.
Al het sy lang bene en ’n lange nek
moet sy soms nog ve-e-e-r strek
vir ’n sappige blaar.
Met kolle en ligbruin van haar
is Sofie vir my so mooi
met haar tong lank en rooi.
Sy rek haar nek hoog
en maak dit rond soos ’n boog,
vir ’n blaar moet sy pluk en ruk
Pasop, moenie stik!
By die waterpoel
lyk die water lekker koel.
Haar bene uitgestrek, ag dis moeilik
moet sy water drink;
daar is niemand wat dit vir haar skink.

Elke dag moet hulle ver ente stap
voor hulle blare uit ’n boom kan hap.

Hulle loop lekker saam
totdat hulle by ’n boom gaan staan.
’n Mens moet mooi kyk
as jy wil sien hoe Sofie lyk.
Ma Kameelperd is baie lief
vir klein Sofie, haar hartedief.

Ek wonder wat doen Kameelperd ma
wanneer Sofie kla
van ’n keel wat pla?

This entry was posted in Kinders, Kinderspeletjies and tagged , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Sofie

  1. Dankie vir die saamspeel. Ek is ook mal oor Kameelperde. Hoop jou kleinkind het die storie baie geniet.

  2. Nadia sê:

    Hierdie is kosbaar!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s