Spoke en ander stories

Toe ons kinders was, het my ma ons altyd stories vertel van dinge uit hulle jongdae. Ons het behoorlik aan haar lippe gehang.

Een van die stories wat sy vertel het het met die Kerstyd te doen gehad. Hulle het as jong mense geglo dat die beeste in die kraal presies om twaalfuur op ’n Kersfeesnag op hulle knieë gegaan het, so in ’n  biddende posisie. Dit het my altyd gefassineer maar ek kon nooit iemand kry wat vir my die storie kon bevestig of ontken nie. Ek het mettertyd ’n boek in die biblioteek raak geloop waarin ook oor daardie geloof geskryf is. Maar daar was ook nie ’n antwoord op my vraag nie. Nou wonder ek nog steeds. Het iemand dalk vir my ’n  antwoord of sal dit net ’n storie bly?

My ma-hulle was ’n groot gesin en wanneer die familie bymekaargekom het, het hulle lekker stories uitgeruil. Maar oor die beeste wat gebid het, kon ek nooit klaarheid kry nie.

Dit was my ma se werk om elke aand vir ons een of ander storie te vertel. So was daar die storie oor die afkopbobbejaan wat hulle gesien het, die goëlery waar die breekgoed hoor val maar as jy in die kombuis kom, is alles op hulle plek.

Ek het natuurlik groot geword in die tyd voordat elektrisiteit algemeen was op afgeleë gebiede. Met kerse en paraffienlampe was daar altyd skaduwees wat mens kon aansien vir spoke. In die aande het ek kamer toe geloop met sulke koue rillings langs my ruggraat af. Ek het my treë lank gerek; was eerder lus om te hardloop. Ek het so gou as moontlik in die bed ingespring en die komberse styf oor my ore getrek net sodat ek nie die geluid van die wind of die naguil kon hoor nie. Alles het na die onheilspellende geluide wat spoke veronderstel is om te maak, geklink.

Ek het ook al gewonder wat van al die spoke geword het. Het die elektriese ligte hulle verdryf of het die minder oorvertel van die stories die spoke minder gemaak?

Toe ek nog jeugboeke gelees het, was spookstories my gunsteling boeke. Nou lag ek vir myself want in al die jare het ek nog nooit die voorreg gehad om ’n spook te sien nie. Behalwe my His master’s voice hondjie. Voorbodes het ek ook nie gehad nie, wel drome wat waar geword het. Oorlede Oupa het my altyd kom vertel van ’n afsterwe. Gelukkig is dit nou ook iets van die verlede.

So is my spookstorie-era ook verby. Ongelukkig kan ek nie eens vir my kleinkinders vertel van al die spoke wat ek gesien het nie.

This entry was posted in Stories and tagged , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Spoke en ander stories

  1. MaanKind sê:

    Daar was sulke spookligte op my oupa se plaas ook.

  2. seegogga sê:

    Ai, die goei oue tyd! Daar is niks so lekker soos ‘n lekker spookstorie nie. Scince fiction kan maar gaan slaap.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s