Sal ons ou kennisse ooit vergeet?

Kan ons ou kennisse ooit vergeet? Die vele mense met wie jy in jou lewe te doen gehad het wat ’n onuitwisbare indruk op jou gemaak het.

Daar is die laerskoolonderwysers wat vir jou die verpersoonliking was van mense wat alles geweet het. Soort van mitiese figure wat goed vir jou kon verduidelik wat selfs Pa met al sy kennis nie kon verduidelik het nie.

Wat van jou beste maatjie wat alles met jou gedeel het? Julle wedywering om die guns van julle geliefkoosde onderwyser; die kompetisie om te sien wie hierdie kwartaal bo-aan die presteerderslys gaan eindig. Wat is lekkerder as wanneer meneer aan die einde van die kwartaal vir die klas vertel dat jy weer een van die top presteerders was?

Dan die eerste kys waar ’n briefie so skelm-skelm deur sy maat aan jou oorhandig word. Ek glo nie dit was oor my voorkoms nie, want ek was maar ’n regte bloukous. Ek kon my nooit beroem op “looks” nie. My beste maatjie was definitief iets vir die oog en ’n beter vangs.

Dan die hoërskooldae. Nou word jy al hoe meer van die teenoorgestelde geslag bewus. Nou wil jy iemand hê wat darem aanbied om jou tas te dra. Of sommer iemand wat in speeltyd met jou gesels. Mens wil mos nie uitgesluit voel wanneer almal iemand het wat hulle “spesiaal” noem nie. Daarom het ek my maar altyd besig gehou om te “presteer” want so kon ek darem raak gesien word. Ek was lank en maer, met knopknieë; nie maklik om so ’n indruk te maak nie. Daarom het ek my maar beywer om die boekprys aan die einde van die jaar te wen eerder as om iemand se spesiale belangstelling te wen. En onderwysers hou van jou omdat hulle nooit nodig het om jou aan te spreek oor huiswerk wat nie gedoen is of projekte wat nie betyds ingelewer word nie.

Dan breek die werksdae aan. Jy doen alles soos in jou skooljare: foutloos. Maak nuwe vriende, mense wat jou weer ’n ander sy van die lewe leer ken.

Dan ontmoet jy iemand wat aan jou vereistes vir ’n lewensmaat voldoen. Trou, kry kinders, verhuis ’n paar keer en maak orals vriende wat almal deel word van jou lewenspad. Party bly altyd deel van daardie pad, maar met ander verloor jy voeling. Al weet jy vandag dat elkeen van hulle aan jou herinneringe help bou het. Elkeen het ’n steen in jou lewensmuur gelê.

Sonder vriende en kennisse sou ons almal baie armer gewees het. Elkeen los sy merk op jou pad en dra sy of haar deel by tot jou lewenservaring.

This entry was posted in Herinneringe, Oudword, Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

One Response to Sal ons ou kennisse ooit vergeet?

  1. MaanKind sê:

    Steen in lewensmuur. Dis mooi.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s