Gee jy raad?

Ek besef weer vandag dat mens maar suinig met jou raad moet wees. Mense waardeer nie wat jy sê nie en soek ’n slaansak vir wanneer dinge skeef loop.

Partykeer kom bieg iemand by jou oor ’n verhouding wat nie loop soos hy of sy gedink het dit moet verloop nie. Praat jy te gou en gee jou raad wat jy dink moet gedoen of gesê word. Agterna vind jy uit dat hulle in elk geval uitgemaak het. As jy nie raad gegee het nie, is jy maar bly dat jy jou ongevraagde raad vir jouself gehou het.

Partykeer kom vra iemand raad oor ’n werksaanbod. Jy vra uit oor die voor- en nadele en as dit vir jou lyk asof dit die ideale werk vir daardie persoon sal wees, praat jy oor al die voordele wat die nuwe werk vir hom inhou. Gelukkig luister hy nie na jou raad nie, maar volg sy eie kop en later blyk dit dat hy die regte besluit geneem het.

Nou is ek maar stadig om my opinie uit te spreek. As die persoon wat werk gesoek het my raad gevolg het, kon dit dalk ’n mislukking gewees het. Daar sou ’n ewige verwyt gewees het dat ek hom van die wal af in die sloot gehelp het.

Daar is ook kleiner dingetjies waaroor mense jou mening vra. Moet ek my hare kort sny of eerder lank hou? Ek glo nie my beskeie mening tel regtig nie want dis nie ek wat met die resultaat moet saamleef nie. My raad is besluit vir jouself dan kan jy niemand anders blameer as dit nie uitwerk soos jy dit graag wou gehad het nie.

Ek gee ook nie raad oor huishoudelike aangeleenthede want dit kan reguit na verwyte lei. Dan natuurlik hou ek my neus uit persoonlike verhoudings. Dink nou maar as jy vir ’n jong mens sê dat hy iets nie moet doen nie. Baie keer doen hulle juis die teenoorgestelde. Miskien hou jy nie van sy meisie nie dan wys hy juis vir jou dat hy van haar hou al weet hyself dat die gevaarligte vir die verhouding flikker. Dit is maar beter dat hy sy eie kop stamp en na die tyd vir jou kom vertel van die verhouding wat skeef geloop het.

So my raad is dat elkeen maar vir hom- of haarself oor persoonlike verhoudings, politiek en geloof moet besluit. Dan meng ek ook nie in met werksbesluite, besluite oor trek of emigrasie nie of name wat vir kinders gegee word nie. En, o, moenie vergeet nie raad oor haarstyle, klere, watter paar jeans die beste lyk en of jou vriendin gewig moet verloor kan baie maklik tot kwaai vriendskappe lei.

Al is raad soos saad wat wanneer dit val aan die een kant van die voetpaadjie kan verdor en aan die ander kant kan gedy, deel ek dit met diskresie uit. En wanneer die saad verdor, moet ek maar die houe wat uitgedeel word, soos ’n man vat.

This entry was posted in Kinders, Raad en daad and tagged , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Gee jy raad?

  1. MaanKind sê:

    Die skouer is maar waaroor dit gaan. En advice is something you ask for when you already know the answer, and wish you didn’t.

    • klippie sê:

      Maar jy kry mos mense wat nie verantwoordelikheid aanvaar vir hulle eie besluite nie. Hulle moet iemand he om te blameer wanneer iets verkeerd gaan en dis wanneer jou raadgee of nie raadgee nie so handig te pas kom.

  2. toortsie sê:

    Ek gee dalk te gou raad….. ai

  3. seegogga sê:

    Ek sukkel ook maar om my mond te hoju.Ai! Jy gee goeie raad, Klippie! Ha! Jy gee die raad om nie raad te gee nie!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s