Kgalagadi

My kinders is groot kampeerders. So is hulle altyd op pad iewers hee, veral wildtuine. Kgalagadi is eintlik hulle gunsteling.

Maar as jou tydsberekening nie reg is nie, kan dit voel asof jy naby die Suidpool is. Allerhande planne moet dan gemaak word om die ergste koue af te weer. Verskeie lae klere help nie regtig nie, veral nie as jy probeer slaap nie. Pak ’n dik laag koerantpapier onder jou opblaasmatras. Gooi ekstra komberse bo-oor die slaapsak. Maar koud bly dit steeds koud. Mens kan nie wag dat die son opkom en die ys begin smelt nie.

Dan, met sonsopkoms, is die eerste ding om ’n groot vuur aan te pak en te kyk of ’n warm koppie koffie nie darem ’n warm kolletjie in jou lyf kan optower nie. Nou weet ek darem nie of dit enige verskil gaan maak om al bibberend ’n koppie koffie te probeer afsluk nie. Een ding is verseker, volgende keer gaan ek my vakansie saam met hule eerder in die warmer maande beplan.

Omdat ons die koue verduur het, word ons beloon deur volop leeus en luiperds te sien. Die groot katte sien ons mos nie so dikwels in die Kruger Wildtuin nie.  Springbokke en gemsbokke is ook volop. En net so baie kameelperde.

Na baie kilometers se ry kom ons op die volgende kampplek aan. Na die tent opgeslaan is en jy ’n lekker warm bad gevat het, sien jy amper weer kans om die koue nag tegemoet te gaan. ’n Groot vuur word aangepak en daar is ’n lekker potjie aan die prut. Ons ruil stories uit en lag lekker oor wat ons deur die dag ervaar het.

Om die vuur het die koue nie so erg gevoel nie. Dis nou totdat jy op die opblaasbed gaan lê. Dan wens jy weer daar was ’n warmer holtetjie om in te kruip. Môre-oggend as die son skyn, lyk dinge weer ’n keer nie so erg nie.

Koue of te not, ek kan jou verseker die Kgalagadi is ’n ervaring wat jy nie graag sal wil misloop nie.

This entry was posted in Vakansie and tagged , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Kgalagadi

  1. Dis pragtige fotos! En dis hoekom ons van kamp hou…

  2. Slakkelak sê:

    Ai, hoe verlang ek nou! Ons het ook al BAIE koud in daardie wereld gekry. Die dae heerlik, maar ai die aande. Ons was eenkeer daar na goeie reen en die tsammas het die wereld vol gele.

    Dit is ‘n baie besondere plek. Die veld lyk MOOI op die fotos

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s