Kyk met die oë van ’n kind

Kinders het ’n manier om dinge anders as grootmense waar te neem. Kyk net na die uitdrukking op hulle gesiggies as iemand optree: ogies wat straal, monde wat lag dat jy net tande sien. Hulle kyk goedgelowig na die toertjies wat die hanswors opdis. Vir ons is dit regtig afgewater maar vir hulle die toppunt van snaaksheid. Hulle lag uit hulle mae sodat jy hulle op ’n afstand kan hoor. Vir ons is daar niks snaaks meer aan nie want ons bekyk dit deur ’n ander bril.

Kyk maar na die komedies wat op die TV opgedis word. Koeke en terte wat in ’n persoon se gesig gegooi word is nou glad nie snaaks nie maar hou die gesiggies en lyfies van die kleintjies dop. Hulle vou eintlik dubbeld soos hulle lag. Ons kyk nie eens meer regtig daarna nie, maar vir hulle verskaf dit oneindige plesier. Apies wat swaai aan takke bly ook altyd vir hulle snaaks.

Vir my lê die eintlike genot daarin om die kinders dop te hou. Jy lees hulle gesigsuitdrukkings en sien oë wat saam lag, nie net ’n gemaak-beleefde glimlaggie nie. Daar is volkome oorgawe aan die oomblik by hulle. Seker daarom dat animasieflieks  vir die kleintjies gemaak word.

Wat is lekkerder vir die kleintjies as ’n kinderpartytjie met baie rooi en groen koeldrank, koekies en lekkers? As daar nou nog ’n hanswors bykom, hoef jy jou nie oor die sukses van die partytjie te kwel nie.

Dis ook maklik om die kleintjies gelukkig te hou. Laat hulle opdress in ma se klere, gee vir hulle die ou kosmetiekhouers en hulle geniet hulle gate uit. Vir die seuns is daar natuurlik pa se gereedskapkas. Gee vir hulle genoeg Lego-blokkies om soos pa allerhande ontwerpe op te tower. Dit is nogal interessant om die konsentrasie op die gesiggies te sien wanneer hulle hard probeer om ’n vliegtuigie of vragmotor te bou.

Dit is maar een van die dinge wat my kwel oor rekenaarspeletjies want die prentjie wat opgetower word, is nie in die kleinding se eie verbeelding gevorm nie. Nou is kinders van kleinsaf vinnig en vaardig met die elektroniese fieterjasies maar ek dink steeds dat die speletjies wat hulleself uitdink baie beter is.

This entry was posted in Kinders, Kinderspeletjies and tagged , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s