Disgusted

Ek het al baie dinge gehoor maar dat studente kan staak vir die voorsiening van kondome, nogal ’n spesifieke “brand” en ander persoonlike higiëne benodigdhede wat hulle by die koshuise afgelewer wil hê, is vir my een te veel. Wat ’n vermetelheid!

Outyds soos ek is, het ek gedink dat sulke inrigtings bedoel is om jou te bekwaam vir ’n werkstoekoms. Wys jou net hoe ek tot nou toe verkeerd was. Ek was so geskok toe ek gelees het van die ontsaglike hoeveelheid kondome wat op regeringskoste aan die betrokke universiteite voorsien word dat ek gewonder het: wanneer kry hulle tyd om aandag aan hulle lesings te gee?

Toe ons jonk was, het ons van kleinsaf gedroom om ons te bekwaam vir die beroep wat ons graag sou wou volg. Ek het nie die voorreg gehad om universiteit toe te gaan nie, so ek kan nie eerstehands praat van wat werklik daar aangegaan het doerie tyd nie. Een ding weet ek egter uit ondervinding: niks is gratis voorsien nie, jy moes betaal vir dit wat jy wou gehad het. Geen staking sou jou van persoonlike benodigdhede voorsien het nie.

Die verweer vir die verskaffing van kondome is glo om VIGS te beperk. Sterk ons hulle nie nog meer in hulle kwaad as ons gratis kondome verskaf nie? Ek wonder met hoeveel verskillende bedmaats mense wil slaap voordat hulle graad vang.

Natuurlik bewonder ek studente wat regtig hard werk om hulleself te bekwaam, maar vir die wat dink die studentelewe is net een groot jol, het ek nie veel ooghare nie. Dis ’n mors van geld en energie, sou ek dink.

Party mense sal sê ek is te verkramp maar dink net hoeveel geld dit die belastingbetaler kos om vir die jeukery te betaal. Ons baklei en stry om die pot aan die kook te hou terwyl die studente op ons koste jol.

Vir my bly dit maar iets wat ek nie graag wil ondersteun nie. Partykeer wonder ek so by myselwers wat hulle ouers sê en of die ouers nie kan of wil glo dat die studente nie so pligsgetrou is as wat hulle by die huis dink nie.

This entry was posted in Kinders, Kinderspeletjies, Mans en meisies and tagged , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Disgusted

  1. MaanKind sê:

    Jissie ek is omtrent deurmekaar! Ek het skoon paniekbevange geraak toe ek nie jou blog kon kry nie! Ek wou jou vra oor Betsjoenaland. My ma-hulle se naaste dorp was Serowe, en die naaste dorp ‘oorkant’ was Aldays. Hulle plaas was net daar waar die Lotsane in die Limpopo loop. Hulle het by Unitas in Swartwater skoolgegaan.
    Jy laat my nou dink aan my pos hier http://maankind.wordpress.com/2011/07/13/kos-uit-ons-kinderdae/

  2. toortsie sê:

    Ja, daar is heelparty wat JOL op belastingbetalers se onkoste.!!! Maar daar is ook baie van hulle wat regtig hulle kant bring!! Dankie tog, want dis op die ou end lg wat die verskil maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s