Geweld teen vrouens

Een oggend het ek na die geselsprogram op RSG gelê en luister. Dit het oor geweld teen vrouens gehandel.

Hoeveel vrouens ly nie onder geweld nie? En nogal ten aanskoue van hulle kinders. Hoe verduidelik jy aan die kinders wat se onding dit is?

Probeer so ’n vrou maar ter wille van vrede of vrees vir die plathand om dinge so normaal moontlik te laat lyk? Sy moet tog haar werksmaats in die oë kyk en haar familie laat glo dat alles in haar huwelik normaal verloop.

In baie gevalle lyk alles baie goed en het so ’n vrou alles wat haar hart begeer aan wêreldsgoed. Niemand sal kan glo dat haar sjarmante, beleefde man twee gesigte het nie. Ales wat sy sê of doen is verkeerd in sy oë. Sy besitlike jaloesie: as sy dit durf waag om met ’n ander persoon, veral ’n man, effens te vriendelik te wees, word sy uitgekryt vir wat se soort vrou jy dan sou wees. En dan bly sy maar stil in geselskap want: “Miskien sê ek netnou ’n ding wat die kruitvat sal laat vlam vat.” Maar dit is ook nie reg nie, want dan word sy beskuldig dat sy nie sy vriende en familie goed behandel nie. Dan loop sy tog maar deur onder sy tong en hande.

Die merke wat so iets op kinders laat, is onbeskryflik. In my familie was daar so ’n man wie se hande altyd gejeuk het. Hy het sy vrou sommer ’n pak slae met sy lyfband gegee. Sy kinders het nooit uit die huis gepraat nie, maar het soms by my kom huil. Om met hom te praat, het glad nie gehelp nie. Hy het ernstig siek geword en steeds het sy vrou hom bygestaan.

God sy dank het sy siekte hom tot inkeer gebring en het hulle hulle laaste dae saam in harmonie kon slyt. Sy kinders is almal geraak deur daardie traumatiese tyd maar het sover ek weet nie dieselfde aan hulle wederhelftes gedoen nie.

Wat vir my tragies is van so ’n situasie is dat die vrou altyd weer na die man terugkeer al besef sy mettertyd dat hy nooit sy beloftes nakom nie. So ’n man is, soos die spreekwoord sê, ’n jakkals wat van haar maar nie van streek nie verander.

Oplossings is daar nie want hy belowe gewoonlik dat hy sal verander maar dit gebeur bitter selde. Ek weet nie wat ’n sjarmante man in ’n monster laat verander wanneer sy vrou iets sê of doen waarvan hy nie hou en so die lont laat ontbrand nie. My raad aan sulke vrouens is om weg te gaan en weg te bly. Hulle moet egter ook sorg dat hulle op ’n plek is waar hulle ondersteuning sal kry en veilig sal wees.

This entry was posted in Geweld and tagged , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Geweld teen vrouens

  1. Dion sê:

    Partykeer wens ek dat ek elke keer as dit gebeur, by kan wees en hom so bietjie van sy eie medisyne kan gee. Net so klei klappetjie…
    Ek weet dat dit nou geen troos bied nie, maar sulke vroue wat deurgaans getrou bly het my absolute respek – hulle weet dat hulle eendag met ‘n oop gemoed voor die Troon kan staan.
    Maar ek stem ook saam – kom weg en vat jou kinders saam. Hy verdien jou en hulle nie.

    • klippie sê:

      Wegkom is ook nie altyd die antwoord nie. Mens lees mos gereeld van die man wat die vrou gaan soek en doodskiet, tot by die werk. Dis hoekom dit belangrik is om na ‘n plek te gaan waar die vrou en kinders veilig sal wees.

  2. Ek sien ongelukkig dikwels dat dames die waarskuwingstekens al vroeg in die verhouding raakgesien het, en tog gehoop het dat die man beter sal word as hulle eers getroud is, of ouer word… Ek het nog nooit gesien dat so ‘n man beter word nie. Inteendeel, na die huwelik dink hy die vrou is sy besitting, en dan verloor hy sy masker van goeie maniere so maklik. Ek wens dames wil die eerste keer wat ‘n man sy hand vir hulle optel, al besef die verhouding nie gaan werk nie, en so vinnig as moontlik hulleself uit daardie situasie uitkry. En saam met Dion wil ek sê- dit sal darem lekker wees om so ‘n man bietjie man tot man te spreek, en hom te oortuig van die boosheid van sy weë. Want die meeste vroueslaners is lafaards onder die manne…

  3. Pingback: Les in Hande Tuis « Herriemerrie

  4. Dion sê:

    Ek sien jou punt, Klippie. Dis nou eintlik waar die wet vir sulke vroue glad niks help nie. Dit behoort ‘n kriminele oortreding vir ‘n man te wees om ‘n vrou te slaan. Vir ons manne is dit in elk geval, maar die wet beskerm vrouens en kinders nie genoeg teen geweld nie. En soos jy sê: daar is nie altyd erens heen om te vlug nie, soos familie of vriende. Ek skaam my vir sulke mans. Nee, onttrek daardie stelling – hulle is nie mans nie. Dis nie wat ‘n ware man doen nie. Bileam se Donkie praat reg…

  5. antonie sê:

    Halo ek kort hulp ek was n jaar en 8 maande in n verhouding gewees verlede jaar april het ek van my vorige dorp af getrek en by haar en haar ouers en suster ingetrek en vir haar ouers begin werk. Ek het nie n kar of lisensie nie maar het deesdae my leerling lisensie. Toe ek hier by hul ingetrek het, het ek hul gevra om my n sleutel tegee van die veiligheids hek en n remote tegee vir die motorhek sodat ek vrylik kan rondbeweeg en kan kom en gaan as ek wil. Ek het nie 1 van die 2 goed gekry nie en kon slegs rond beweeg in die dorp as my meisie se remote by die huis was. Ek het toe haar begin blok om na haar vriendin toe tegaan en ek het dan haar remote gevat om uit tekom en winkels toe tegaan ensovoorts. Ek het amper n jaar en 2 maande by hul gebly toe ek eers n remote en veiligheids hek sleutel kry. Toe het ek al klaar so besitlik jaloers geraak op haar oor sy kon rondbeweeg soos sy wil en ek vasgevang gesit het by die huis en nie eers buite op die stoep kon gaan sit as ek alleen by die huis was nie. Haar pa sien my as n gevaar vir sy familie. Ek bly tans nog by hul in die huis en sy het n nuwe ou. My kamer deur word gesluit wanneer haar ouers gaan slaap. Hul is bang ek gaan deur die nag op staan en my eks meisie iets aandoen. Hoe kan ek hul bewys dat ek nie n gevaar is vir hul veiligheid is nie. Dat ek vrylik in die huis kan rond beweeg. Kort ek professionele hulp moet ek n psigiater of sielkundige gaan spreek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s