Waar kom jy vandaan?

Familie-uitleg was aan die orde van die dag toe ons jonk was. As ’n outjie vir jou kom kuier het, was hy onder die loep geneem. Hy moes van sy oupagrootjie af presies familieverbande kon uitlê. In daardie dae was ons nog ’n uitgebreide familie onder een dak. So die outjie moes sy storie ken. Hy moes verduidelik  hoe die stamboom in mekaar pas want my oupa en my pa moes albei tevrede gestel word.

“Van watter Poggenpoels is jy nou eintlik?”, sou hy gevra word. Alles moes in detail vertel word: waar hulle bly en hoe lank hulle al daar gevestig is. “O ja”, sou my oupa sê, “jy is Langhans se seun; Langhans se ma was mos Doortjie Watsenaam.” Die outjie is een van drie kinders, hy is die enigste seun. “Wat se werk doen jou pa?” As die pa ’n boer is, moet presies vertel word waarmee hy boer en hoe groot die plaas is. Dan vra Pa weer: “Is dit ’n familieplaas?” en “Vertel bietjie van Ma Doortjie se familie.” Alles moes haarfyn beskryf word.

My kleindogter sê natuurlik dit is disgusting. Sy sien regtig nie kans vir so ’n ondervraging van haar vriend nie. Vir ons was dit maar algemeen, het ook maar geluister na wat hy te vertel het. Sodoende het ons mekaar beter leer ken.

My opinie omtrent familieuitleg deesdae is dat die kinders te skaam is om daaroor te praat. Pa is miskien al getroud met sy derde vrou. Hoe bring jy die kloutjie by die oor?  Die kinders wil maar so min as moontlik sê want nou-nou trap ek in ’n slaggat. As die outjie stilbly oor sy herkoms, hoop hy seker dat die meisie se familie hom sal aanvaar vir wat hy is en vir wie sy familie is nie.

Aan die ander kant, ontmoet ons kinders ook deesdae mense van regoor die wêreld en trou hulle dalk met iemand wat in Alaska groot geword het. Wat help familieuitleg dan?

Die nuutste neiging is dat mense net voorgestel word op hulle name. Vanne word glad nie eers meer genoem nie. Ek wil darem nog hoor dis Langhans Poggenpoel en nie net Langhans nie. Maar as daar ’n bekende of beroemde familielid  in iemand se familie is, word dit graag genoem.

Ek sou graag wou weet hoekom ons so sku is om oor ons afkoms te praat? Op Facebook blaker mense alles oor hulleself uit, selfs oor goed waarvan mens nie wou weet nie. Is dit omdat hulle daar gesigloos is? Nee wat gee vir my maar eerder die outydse manier van doen.

This entry was posted in Gewoontes, Mans en meisies and tagged , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Waar kom jy vandaan?

  1. MaanKind sê:

    Hoe ouer ek word, hoe meer wil ek familie uitlê!

  2. Want alles kan mos op FB gelees word. 😆 Wat meer is nodig?

    Ek dink dit hang af van waar jy jouself bekend moet stel.

    Besigheid: Ek is Xena Phoenix van Herriemerrie. (jy word aan jou besigheid geken)
    Formeel: Ek is Xena Phoenix (Jy het die van nodig om hulle op FB te add)
    Terloops: Ek is Xena (jy gaan nie veel met die persoon te doen hê nie)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s