Rapie, die baba-apie

Hierdie is ’n storie vir Tahisja. Ek hoop sy onthou hoe sy gekraai het van die lag vir die apies se manewales.

Rapie die baba-apie
wil nie graag slaap nie.
Sy ma kla
omdat Rapie so pla.
Spring en klim, swaai en draai
gebruik sy stert vir ’n skoppelmaai.
Ma Aap is nogal kwaai
en gee sy oor ’n draai.
Hy koes vir die klap van sy ma
en hoor net hoe grom sy pa.
Hy skommel op ma se rug
terwyl sy soek vir ’n vrug.
Slaaptyd breek vir Rapie aan
hy moet bed toe sonder ’n traan.
Moeg gespeel en lekker warm
slaap Rapie in sy ma se arm.
Slaap nou lekker Rapie
klein ou baba-apie.

This entry was posted in Afrikaanse taal and tagged . Bookmark the permalink.

2 Responses to Rapie, die baba-apie

  1. seegogga sê:

    pragtige kindergediggie!

  2. Ander iets se vrou sê:

    Dis pragtig. Ek het dit vir ons prinsessie gestuur. Baie dankie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s