Seepbelle

Seepbelle is vir my die mooiste goed op aarde.  Net jammer dat hulle skoonheid so kortstondig van duur is. Die pragtigste kleure saamgevat in ’n lugblasie. Ek sien in my verbeelding die kleuter wat gryp na die gekleurde belle en sodra hy dit raakvat verdwyn die bel. Hy lag dat jy hom ver kan hoor. Vir die baba is dit onverklaarbaar dat iets sommerso kan verdwyn, maar ons oueres wat al deur die meule is weet dat dit maar die werklikheid van die lewe is. Niks is standhoudend nie. Jou drome is verweef en geweef rondom jou geliefdes. Alles anders is net ’n vervlietende droom.

So is ons verwagtinge ook. Dink aan die troureëlings waaraan jy en die bruidspaar besig is om te beplan. Elke detail word bespreek. Alles lyk asof dit in plek gaan val: datum vassgestel, trourok gemaak, kerk gereël, onthaal beplan. Volgens jou kan niks meer verkeerd gaan nie. Dan tref die  onheil. Die bruidegom het koue voete gekry. Hy voel dit gaan nie werk nie, en dat alles eerder gekanselleer moet word. Daar bars jou seepbel. Probeer die positiewe daarin sien, oorreed hom om aan te gaan met die seremonie. Later besef jy dat jy verkeerd besluit het want na ’n kort getroude lewe saam is hulle geskei. Nou besef jy die besluit wat jy oortuig was sou uitwerk, het die seepbel finaal laat bars.

Jou kinders wat almal gedink het is so voorbeeldig,  en dat hulle niks verkeerd kan doen nie, het ook maar voete van klei. Seepbelle wat links en regs rondom jou bars.

Nou word daar mengsels verkoop wat adverteer van groter seepbelle wat jy kan blaas, wat langer hou. Jammer net dat daar nie kunsmatige mengsels vervaardig kan word wat jou drome waar sal laat word nie. Die seepbelle word groter, mooier maar net so vervlietend soos die voriges.

Luister en lees maar van al die verydelde drome. Al die betowering en kleurryke vertoon van die seepbelle. Nou hier en in ’n oomblik weg vir altyd. Koester daardie oomblik as die seepbelle op hulle mooiste is en bêre dit maar in die laaie van jou geheue. Dit was wondermooi solank dit gehou het.

This entry was posted in Drome and tagged . Bookmark the permalink.

4 Responses to Seepbelle

  1. MaanKind sê:

    Uitstekend beskryf! Lekker dag vir jou, Klippie, met al die kleure van ‘n seepbel.

  2. Son sê:

    Dis regtig ‘n mooi stukkie hierdie🙂 Ek was mal oor seepbelle blaas as kind en bitter hartseer as hulle breek.

    • klippie sê:

      Ek sien juis in my gedagtes hoe my kinders/kleinkinders/agterkleinkinders almal so om en by twee jaar oud agter die belle aandraf en sommer gil van lekkerte wanneer een aan hulle hande vassit. So ‘n groot plesier vir min moeite of geld!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s