Tydverkorting

Nou se dae is my grootste afleiding, of tydverkorting, soos my ma altyd gesê het, maar net die radio of TV en natuurlik om te lees, veral my biblioteekboeke.

Op die radio hoor ek maar party stories wat my laat wonder of dit waar kan wees. Veral oor die middag inbelprogram. Ek vertel dan al die goed wat ek gehoor het vir my dogter wat nie luister nie. Ons bespreek en dissekteer elkeen se weird storie en wonder of party stories waar kan wees.

Dan is daar natuurlik die luisteraars wat inbel en die arme omroeper kritiseer. Oor die manier waarop hy party name uitspreek. Kritiek lewer op elke denkbare faset van die storie, veral as hy daarop aandring dat die inbeller by die onderwerp moet bly. Hy word gou uitgekryt vir iemand wat net luister na sekere mense, andersins word die inbeller sommer summier afgesny.

TV in die dag is gewoonlik net herhalings van vorige programme, so daar is niks interressants nie, behalwe as jy van Discovery of History hou. Ek is nie iemand wat graag na oeroue geboue kyk of na oorlogstories luister nie, so hou ek maar verby. Enigste wat oorbly is lees, veral my storieboeke.

TV inbel programme is nogal interessant om na te luister. Hulle bespreek gewoonlik een spesifieke onderwerp, vra dan menings van kykers of wat ’n soortgelyke probleem het en raad vra hoe hulle dit te bowe kan kom. Nogal interessant om te hoor wat die geleerdes aanbied as oplossing.

Rubrieke in koerante lees ek graag, veral ’n sekere Engelse Sondagkoerant. Van die skrywers is so pittig  dat ek wens hulle rubrieke was langer want die manier waarop hulle skryf vind ek baie amusant. Hulle skryf oor alledaagse gebeure soos jy dit self sou ondervind, net beter beskrywe, en dek alles van fliekvoorkeure tot die kos wat hulle graag eet. Die rubrieke is skreeusnaaks en al rede waarom ek nog die koerant lees.

Die allerlekkerste bly maar my storieboeke. Mens kan enige plek lees; terwyl jy wag vir die dokter of sommer as jy niks het om te doen nie. Jou boek is jou maatjie. Hy praat nie teë nie, wag nie vir ’n antwoord nie. Hy’s altyd daar en gereed vir jou. Partykeer kan jy jouself heeltemaal so inleef in die storie dat jy eintlik spyt is dat jou wagtyd verby is.

Ek vind dit eienaardig wanneer ek hoor hoe min mense werklik lees en wanneer ek sien mense het nie boeke in hulle huise nie. My mense is boekmal en meeste van hulle sal eerder ’n boek koop as iets lekkers om te eet. So, ons huis is oorstroom van boeke.

This entry was posted in Boeke, Stokperdjies and tagged , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Tydverkorting

  1. MaanKind sê:

    Kan jy jou indink hoe verveeld moet mense wees wat in jou fisieke posisie is wat nie hierdie belangstellings het nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s