Asynpoeding

Spesiaal vir HerrieMerrie en ons kuiergaste wat so graag asynpoeding wil proe, vir die eerste keer of ter herinnering aan hulle kinderjare, het ek ’n resep opgespoor.

Asynpoeding

Sous
Bring 2 koppies water, 2 koppies suiker en ½ koppie asyn tot kookpunt en laat vir ongeveer 5 minute prut. Laat afkoel en gooi in oondbestande bakskottel.

1½ koppie meel
½ koppie suiker
½ koppie melk
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 teelepels gemmer
2½ eetlepels botter
2 eiers
1 teelepel koeksoda
½ teelepel fyn neut
knippie sout

Klop suiker en botter tot room. Voeg eers eiers by en dan appelkooskonfyt. Meng droë bestanddele by. Voeg melk by. Skep lepelsvol in afgekoelde sous en bak by 180 grade Celsius vir 30 minute. Bedien met tuisgemaakte vla.

Lekker eet!

This entry was posted in Kos and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to Asynpoeding

  1. MaanKind sê:

    Dit is die heerlikste poeding! Ons het met hom grootgeword.

  2. Skies, ek was ‘n ruk uit sirkulasie.

    Baie dankie, ek gaan dit beslis self probeer. Kan dit enige asyn wees?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s