Die ander kant van die saak

Behandel iemand anders soos jy graag behandel wil word. Ons is so geneig om mense op hulle voorkoms te takseer. Maak jy nader kennis, ontdek jy dat daar onder die rowwe buitelaag ’n baie interressante mens skuil. Lewensomstandighede wat die persoon maar rof behandel het, het hom miskien so afgetakel dat hy maar rof en tommel lyk (my ma se sêding). Jy behandel hom maar so half uit die hoogte en dink by jouself: “Wat sal hy tog weet?” Totdat hy begin praat en jy besef dat jy verkeerd was. Jy besef dan dat die spreekwoord wat sê mens moet nooit ’n boek op sy omslag takseer nie, reg is.

Dink net hoe vinnig mens ’n antwoord reg het en later moet jy erken dat jy te vinnig gepraat het, want die persoon weet regtig meer van die onderwerp af as jy. My raad aan die kinders is, luister eers en praat dan. Jy kan ook verkeerd wees. Luister maar net na die politici, die stories wat hulle aan ons opdis. Hulle luister nie na wat ons wil hê en hoe ons behandel wil word nie; hulle stoomroller ons net in ’n rigting in.

Toe my oudste seun sy eie kinders gehad het, het hy vir sy pa gesê: “Pa,  ek sal my kinders grootmaak soos jy ons grootgemaak het. Die een verskil  sal wees dat ek eers hulle mening sal vra oor hoekom hy of sy  besluit het om te doen  wat hulle wel gedoen het.” Klipman het nie vir ’n mening gevra of vir ’n verduideliking gewag nie. Hy het sommer drie van die bestes toegedien. Sy woord was wet. Deesdae het ons meer tyd vir kinders want hulle word nou ook gehoor en nie net gesien nie. Hulle wil hulle mening lug en hoor of hulle reg is.

So, luister want eerstens kan jy iets van iemand anders leer en, tweedens, kan iemand se optrede verduidelik word en kan jy verstaan hoekom hy gedoen het wat hy gedoen het. Byvoorbeeld, soos om die kar sonder jou toestemming te gebruik.

This entry was posted in Gewoontes, Mense en hul dinge and tagged , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Die ander kant van die saak

  1. Stephan Steyn sê:

    Die “Klipman” doen homself soms dogmaties ook in my voor. En verdomp, is dit moeilik om af te sien van die benadering van “doen wat ek sê” eerder as “hoekom sê jy so” waarmee die meeste van ons groot gemartel is. In my gemoed skep die ouderdomsverskil tussen myself en ons kinders vir my ‘n gerieflike skuiwergat wat ek alte dikwels dieper grawe, net om daarna te besef dat ek, myns insiens, dieselfde foute maak as Ma en veral Pa destyds. Hierdie “klipkop”-houding en ook as aanklaer in my eie saak het my die skuldemosie van “hondelewe” al tot nuwe grense laat voer. Met die wonderlike wysheid en deernis wat my vrou tot my menswees-balans voeg, gaan dit deesdae darem beter met my luister vermoeëns. En, soos die kinders daarna verwys, ek voel skoon “chuffed” met hoe ek deesdae (meer) luister. As ek dit verdomp net deurentyd kan onthou! In hul eenvoud het Ma en Pa egter nie net foute gemaak soos hierbo gesê wil suggereer nie, en oor daai klip waarmee jy die ander kant van die saak raakgeklits het, onthou ek hoe Pa altyd gesê het;- “Dit maak nie saak waar jy goud aantref nie, die substans daarvan verander nooit nie”. Dis ‘n wonderlike les wat Pa my geleer het, wat ek vandag nog in my lewe probeer toepas. Soos ek gesê het; – as ek dit verdomp net deurentyd kan onthou…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s