Terugblik

By nabetragting van wat verby is en hopelik nog gaan kom, loop my gedagtes darem wye draaie.

Tydens my grootwordjare het die tyd vir my as kind te stadig verby gegaan. Nou  sou ek as ek die klok kon terugdraai dei tyd veel stadiger verby laat gaan. Dit was moeilike jare, maar lekker. Die geborgenheid en beskerming wat ons geniet het, het ons as kinders as vanselfsprekend aanvaar. Nou eers besef ek hoe bevoorreg ons was. Al was geld skaars en is die pennies een vir een omgedraai besef ek nou dat geld nie geluk kan koop nie.

Soos alle kinders het ek gewens om groot te word en die besluite wat my ouers vir my geneem het op jou eie te kon neem. Soos alle jong mense het ek sommer geweet ek sou baie beter planne kon beraam. Totdat die tyd aanbreek dat jy jou eie besluite kon neem en mens besef dat grootmens wees is nie so lekker is as wat jy gedink het dit sou wees nie. Dinge het nie met ’n vingerklap gebeur nie. Abbrakadabra het ook nie gehelp nie. Jy moes werk vir alles. Beplan, begroot en verantwoordelikheid neem vir alles wat jy wou bereik.

Verlief, verloof en trou, gesin grootmaak met al die idees waaroor jy as kind gedroom het. Dan kom jy tot die besef dat elke pad sy eie kronkels het. Opdraand en steil en soms gelykpad. Nie net altyd mooiweer nie, maar soms erg stormagtig. Jou drome oor kinders wat jou nie een sou teleurstel nie is vergesog. Jy sou graag wou gehad het dat alles klopdisselboom moet verloop maar dit is niemand regtig beskore nie.

Natuurlik besef ek nou dat mens se kinderdrome maar net drome is. Soos ek ouer word, onthou ek hoe ek my ouers gekritiseer het toe ek nog ’n kind was. Ek het hulle kwalik geneem vir dinge wat ek nie kon kry toe ek daarvoor gevra het nie. Toe het ek gedink hulle was naar met my en dat hulle nie na my probleme geluister het nie. Soms het ek gevoel hulle het my met opset dinge ontsê omdat ek nie die geheel geken het nie.

In my kinderdrome sou al my sake sommer vlot verloop het. Totdat my kinders groter geword het en ek besef het dat hoe groter die kinders word hoe groter word die probleme. Elke generasie het maar sy eie probleme. Ouers kan raad gee maar net van die kant af toekyk. Ons seuns moes op agtien diensplig doen en toe alreeds besluite neem tussen lewe en dood. My meisiekind is universiteit toe, ver weg van die huis en op haar eentjie. Ek sou dit graag wou anders hê, wou hê dat sy nader moes wees maar het besef dit is haar eerste tree op haar grootmenspad.

So stap die jare aan en hulle trou en begin met hulle gesinne. Sien hulle maak ook maar foute. Gaan saam met hulle deur hartseer en vreugde. Dan kom die kleinkinders en mens wil hulle tot in die afgrond bederf, maar besef die ouers het ander idees as jy wat kindgrootmaak betref. Mens moet maar aanvaar dat hulle hulle kinders op hulle eie manier moet grootmaak. Mens hou jou mond en gee hulle spasie om hulle lewens te lei volgens hulle eie oordeel. My raad is wees daar vir hulle maar laat hulle toe om hulle lewenspaadjies te loop. Die grondslag wat jy as ouer gelê het sal hulle bybly totdat jy nie meer daar is nie.

Baie dankie vir die voorreg wat ek as ouer gehad het om vir julle die riglyne te gee. Ek hoop dat dit vir julle ook ’n rigsnoer sal wees.

This entry was posted in Familie, Oudword and tagged , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Terugblik

  1. seegogga sê:

    Ai, watter ware en wyse woorde. Hoe idealisties mens ookal is oor kinder grootmaak, die werklikheid is nie altyd soos jy kies nie. Ek dink kinders besef dit eers as hulle self ouers is.

  2. net n ander iets sê:

    wag maar tot die oupa en ouma stadium en dis die kinders en kleinkinders se besluite wat kom spook by jou en daai ding van wat jy saai sal jy maai jou elke dag in die gesig staar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s