’n Woord op sy tyd

Vir elkeen van ons is erkenning vir wat ons doen baie belangrik. Ons kan maar stry maar as niemand raak sien wat jy doen nie, is dit baie onbevredigend. Dan wonder mens hoekom jy jou bes doen as dit ongemerk verby gaan. Kyk maar hoe die meisie met min selfvertroue blom as iemand vir haar sê sy lyk mooi. Die lelike eendjie kan soms met so ’n kompliment in ’n swaan verander. Die vaal vroutjie wat maar liewers ongesiens wil wegkruip in ’n hoekie wat, nadat sy baie moeite gedoen het met ’n spesiale dis en almal saamstem dat dit lekker was, sommer meer geredelik sal aanbied om aandete te maak. Die seun of dogter wat nie so wonderlik vaar op skool nie word aangemoedig deur hom of haar te prys vir wat hy of sy bereik het.

Woorde is soms net lippetaal maar dit kan steeds .wonders verrig. Aan die ander kant kan dit soms meer skade doen as wat ’n mens sou wou glo. Een ding staan soos ’n paal bo water, prys iemand en dit doen wonders vir sy of haar moraal. Kraak hom af en daardie woorde word nooit vergeet nie. Daarom vra ek, gee vir ’n persoon erkenning vir wat hy of sy doen en die werk wat hy vir jou doen sal hy altyd beter wil doen sodat hy nie sy naam skade aandoen nie. Want nou wil die persoon vir jou wys hy of sy verdien die lof. Miskien wil hy of sy ook vir jou wys dat dit wat onmoontlik gelyk het om te doen, wel gedoen kan word.

Aan elkeen van ons word ’n etiket gehang en word daar gesê dat mens ’n nikswerd of ’n uitblinker is. Daarom glo ek dat erkenning baie noodsaaklik is. Dit kan die gang van jou lewe verander. Jou laat glo dat jy nie die mislukking is wat jy geglo het jy is nie.

In my eie lewe kan ek getuig dat die erkenning wat ek gekry het my van ’n baie selfbewuste persoon wat niks nuuts wou aanpak nie verander het na iemand wat nie bang was om my stem te laat hoor nie. Iemand wat my verseker het dat my werk van goeie gehalte was, het my altyd net beter wou laat doen. Ek wou bewys dat dit nie ’n vloekskoot was nie en dat ek my werk met oorgawe gedoen het. My selfvertroue het ’n groot hupstoot gekry het en ek het in myself begin glo. Ek kon elke taak wat ek toe aangepak het met baie meer entoesiasme aanpak en daarvan ’n sukses maak. Dit was vir my ’n aansporing wat my my lewenspad vorentoe met oorgawe laat aanpak het en laat bewys het dat ek die pryswoorde verdien het. My voorneme daarna was om regtig met belangstelling rondom my te kyk en raak te sien wat mense na aan my doen. Ek kon uit eie ondervinding vertel dat woorde in my lewe ’n verandering teweeg gebring het.

Kyk maar hoe blom die kleuter as jy jou hande klap vir iets wat hy geleer het om te doen. Sy gesiggie straal sommer en hy wil dit weer oordoen. So ons moenie sommer net veroordeel nie, ’n Pryswoord op sy tyd kan wondere verrig. Partykeer word sommer ’n eksratjie gedoen sonder dat jy no dig het om te vra. Maak dit jou voorneme om nie net altyd die sleg raak te sien en die goeie te vergeet nie. ’n Suikerklontjie op sy tyd kan soms sake heeltemal verander. Vir my was dit die woorde van iemand wat selde iemand geprys het, wat gemaak het dat ek my werk te alle tye met oorgawe gedoen het. Ek sal vir altyd dankbaar wees vir die persoon wat my soveel meer vertroue in myself gegee het. Hy is nou al baie jare dood maar vir my bly dit een van die goed wat ek nooit sal vergeet nie.

This entry was posted in Kinders, Werk and tagged , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s