Die weer

Nou die dag het ek so gekerm oor die koue. Raai wat gebeur die volgende twee dae? Die kwik het op 38 grade vasgeslaan. Vir my was die hitte baie welkom, maar die ander huisgenote het steen en been gekla. Hulle het net ’n plekkie waar daar ’n luggie trek gesoek. Wys jou nou net, wat vir jou aanvaarbaar is, is vir die ander ’n straf. Mens kan nooit wen nie.

Ons bly op ’n plek waar die klimaat nie te vergelyk is met dié in Durban nie. Daar was die humiditeit seker onuithoubaar. Darem iets waaroor ons dankbaar is, veral ek.

Die Piet-my-vrou skree nog steeds, selfs so laat as middernag. Miskien ruik hy die reën. My reënblommetjies is ook heeltemaal oop. My kleinseun het al vroegoggend kom rapporteer dat Ouma se blommetjies vandag in volle glorie oop is. Omdat hy graag in die grond grawe is die reën vir hom baie welkom.

Gelukkig het die ander drie seisoene weggebly. Om  lyf te gaan natmaak in die swembad in die tipe weer, is vir die kinders baie lekker.

Allie kuier hier by ons; hy is van die Laeveld waar die kwik maar altyd hoog is en hy kan nie aan ons wispelturige weer gewoond raak nie. Hy moet altyd ’n warm ding hê om aan te trek. Volgens hom bly ons net duskant die Noordpool. So die afgelope paar dae was die so reg na sy smaak. Warm en bedompig.

Ek kla nie want die pyne is baie draagliker. Toe ek jonger was, was dit vir my snaaks as my ma-hulle so kla. Ek kon regtig nie glo dat die weer so ’n groot invloed op liggaamlike pyne b nie. Nou is die skoen aan my voet, en kan ek alles bevestig. Natuurlik het dit lank geneem om daaraan gewoond te raak. Ek is net gelukkig dat ek nie oorsee woon waar die weer altyd koud en nat is nie.

Daar is ook baie ander dinge waaroor ek gelukkig kan voel: die metaalgoed wat nie so vinnig roes nie, die muf wat in alles intrek en alles anders laat ruik nie. En daarby het my orgidee hierdie weer baie geniet. So by die onvoorspelbaarheid is daar darem ook ’n seën. Ek wens net daar moet ’n meer egalige patroon wees, nie die yo-yo van koue en hitte waaraan mens nie maklik gewoond raak nie.

Ten spyte van al die wipplankryery van die weer, is dit regtig lekker om hier te bly, geen ondraaglike hitte wat jou laat voel dat jy nie asem kan kry nie. Al wat ek vra, is net ’n bietjie eenvormigheid, sodat jy nie moet wonder wat om aan te trek nie.

In my getroude lewe het ons baie rond getrek, maar, snaaks genoeg, altyd die een of ander plek waar dit helwarm geword het. Mense het altyd gevra, hoe hou julle dit? Daarom was dit nogal ’n aanpassing om aan hierdie weer gewoond te raak. Een ding verseker ek julle, as jy eers hierdie water gedrink het is jy gehook: eendag warm en die volgende dag ysig maar as jy weg was kan jy nie wag om terug te kom nie. Oos Wes Tuis Bes, bly maar waar al bewe jy soms van die koue.

This entry was posted in Somer and tagged , . Bookmark the permalink.

One Response to Die weer

  1. senings sê:

    As blougat aspirant juris het my ou leermeester, Hennie Cronje, so ‘n kortgat advokaatjie, altyd gesê daar is drie dinge wat ‘n mens nooit teenoor ‘n ander man (lees mens) kritiseer nie; Sy geloof, sy kinders en waar hy/sy vandaan kom. Al lyk ‘n plek vir jou ook hoe agtertang en lelik, vir sommige ander mense is dit die mooiste plek op aarde – daar waar die herrineringe wat hulle koester gesmee en gevorm is. ‘n Mens verlang altyd met heimwee terug na waar jou herrineringe jou weer jonk en jolig laat wees…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s