Kuiermense

Die ver kinders het kom kuier en, soos dit gewoonlik gaan, was daar nie genoeg tyd om te gesels nie. Omdat daar maande verloop dat ons net oor die telefoon gesels, word al die nuus wat nie so belangrik is nie maar eers bespreek wanneer ons mekaar sien. Het jy gehoor van nig of neef se nuwe kêrel of nooi? Dink jy die verhouding sal hierdie keer uitwerk, of gaan dit maar soos gewoonlik ’n vroeë dood sterf? So bespiegel ons en ryg derms uit.  Nie goed wat vir ander mense van belang sal wees nie.

Omdat die kinders hulle eie besigheid bedryf, verg dit baie van hulle tyd om te reis. Vir my is dit so wonderlik om al die plekke waar hulle  heen gaan deur hulle kameralens te sien. So gaan die tyd verby met al die vertellings en stories van plekke wat hulle besoek het, hulle wedervarings met mense en, wat my veral baie interresseer, die natuurskoon van elke plek. Hulle maak nou reeds weer reg om ’n Xhosatroue te gaan bywoon in die Ooskaap. Daarvandaan is hulle weer op pad Ficksburg toe.

Ek wens dan ek was weer terug in my jonger jare. Ek was getroud met ’n baie impulsiewe man, wat sommer op die ingewing van die oomblik besluit het om die kar te pak en ’n koers in te slaan. Ons het nie altyd geweet waar ons heengaan nie, want besprekings is nooit vooraf gemaak nie. Ons het maar gery tot waar Klipman besluit het, hier gaan  ons afpak. Al vereiste was dat daar genoeg fasiliteite moes wees waar kinders besig gehou kon word. Saans as ons dan uitgeput en rasend honger was, het hy sy vangs van die dag oor die kole  gebraai en, as daar nie iets gevang was nie, moes boerewors maar doen. Die kinders was so moeg dat hulle regtig nie omgegee het wat hulle eet nie. Hulle het ook nie vreeslik belanggestel om te luister na stories nie. Hulle wou net in die bed kom.

Ons was gelukkig albei lief daarvoor om saam met die jonges te baljaar. Ek kan nou nie eens dink dat ek altyd op die voorpunt was van die planne wat hulle gemaak het nie, veral omdat dat daar ’n ouderdomsverskil van sewentien jaar tussen my en my jongste suster is.

Dit is natuurlik hoekom ’n mens soms terugverlang. Veral na jou mobiliteit, jou vermoë om saam met die jonges te kon lag en al hulle streke saam met hulle te ervaar. ’n Bok vir sport, het hulle my genoem. Nou kan ek nie eens nou meer ’n draaitjie op die dansvloer maak nie en ek bewonder die grys ou tannies wat nog kans sien om met ’n valskerm te spring of selfs rektouspring aan te durf.

Ek wil nie graag kla of ander blameer vir my onvermoë om dit wat ek nog graag sou wou aanpak  nie meer te kan doen nie. Nou leef ek my maar in in die kinders se ervarings. Die lief en leed van die klein- en agterkleinkinders. Plekke wat ek nou nooit meer sal kan besoek nie, sien ek deur hulle oë en verbeel my dat ek saam met hulle daar is.

This entry was posted in Oudword and tagged , . Bookmark the permalink.

One Response to Kuiermense

  1. senings sê:

    Mooi gedagtes en herrineringe word geskep en geskoei deur die dinge wat ons in ons lewe aanvang waarvan die omvang en inhoud buite die normale verloop van dinge is, amper soos om buite die “box” te dink en doen. Vooruitgang en ontwikkeling gebeur nie deurdat almal dieselfde dink en doen nie, maar deur buitengewone denke en optrede. Jou terugblik oor jou en Klipman se impulsiewe reise, die lawwe voorbok kaperjolle was eweneens buite die “box” en kulmineer tot dividente in jou kinders en hul spruite se avontuurlus waarin jy jouself so heimlik verkwik. Jy is geseend Klipvrou. Jou knapsak bult van verlange en herrineringe omdat jy die lewe voluit uitgedaag het. Indien nie sou hierdie verlange en herrineringe vervorm het tot blote verwyte en wensdenkery. More, oormore en die dae daarna sal hierdie herrineringe die teelaarde van meer avonture deur jou kinders, kleinkinders en agterkleinkinders wees – ‘n oorvloedige lushof van jeugdige opwinding in jou hart. Mag jou stories nooit sonder ‘n glimlag wees nie. Sterkte.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s