Fortuin

My ma se spreekwoord was altyd: “Alles is nog niks, maar laat ek jou hierdie storie vertel.” Dan het sy jou die laaste skinderstorietjie wat sy by die een of ander gehoor het, vertel. Ma het vir die vrouens hulle teeblaarstories vertel. Soos ons vrouens maar is, was dit ’n plek waar al die sappigste stories opgedis was. Eers moes die teekoppie leeg gedrink word, dan drie keer na die hart se kant toe gedraai word. Dan is die koppie omgedraai sodat die laaste druppels kon uitval. Ma vat dan plegtig die koppie, bekyk die blare en vertel dan vir die persoon wat sy sien in die komende week gaan gebeur. Vir ons kinders was dit nogal prettig om dan tande te tel. Ons is natuurlik verwilder met die woorde dan kinders gesien en nie gehoor word nie.

Volgens my was daar gewoonlik net een ding wat hulle graag wou hoor: “Is ek dalk verwagtend?.” As ma dan sê sy sien ’n ooievaar was die nuus nie altyd baie welkom nie. Kuirgaste, lang reise of verandering in werk of ’n brief  wat verwag kon word, was welkom. Dit was maar gewoonlik wat ma se fortuin behels het. Niks dramaties was ooit voorspel nie. Ek het dit maar altyd afgemaak as ’n manier om geselsskap te soek, ’n soort van speletjie wat  nogal deur party vrouens  geglo was veral as die kuiergaste opdaag wat my ma nou net voorspel het.

Wat ons gehaat het, was die baie teekoppies wat ons moes was na so ’n kuiertjie. Self het ma nooit tee gedrink nie. Sy het altyd gesê dit smaak te veel na medisyne. Die vrouens wat wou weet wat die teeblare voorspel het, moes maar hulle eie treksel tee saambring.

Ma sou in baie mense se boekies maar bra eksentriek gewees het, maar gewild was sy beslis  met haar teekoppielesery. Sy was vir 25 jaar weduwee en seker maar baie eensaam, maar haar gewildheid as teekoppieleser  het altyd gesorg dat daar ’n gereelde stroom vrouens was wat kom inloer het. Ek weet nie wat dit is nie, ons vrouens  klou soos nete aan die lewe. So was ma se gaste gewoonlik ook maar alleen. Die jare van kind grootmaak was agter die rug en al wat oorgebly het was om die dag om te kry. Wanneer Ma nie fortuin gelees het nie, was sy maar altyd doenig met tuinwerk, vrugte inmaak of konfyt kook.

Nouja of ma se stories waar was of nie, daar was altyd iemand wat kom tee drink het. So iewers was iemand gelukkig andersins het hulle dit maar net gedoen om my ma besig  te hou. Selfs toe sy al ouetehuis toe is, was daar maar altyd iemand om na haar stories te luister.

Sy was 87 toe sy geval en haar heup gebreek het. Haar hart was toe te swak om te opereer en sy is twee weke na ’n bittere lyding oorlede. Tot voordat sy in ’n koma verval het was sy altyd vol stories. En ons onthou graag haar kwinkslae en snaakse gesegdes.

This entry was posted in Drome, Familie and tagged , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s