Lewenskoste

Was jy al spyt oor iets wat jy gedoen het of nagelaat het om te doen? As ek nou so terugdink aan die jare wat so vinnig verbygeflits het, gaan my gedagtes onwillekeurig terug na die dag toe ek by iemand verby geloop het wat gebedel het vir tog net ’n ietsie om te eet. Miskien het ek toe by myself gedink, nog maar net iemand wat sodra hy die geldstuk in sy hand het dit tog maar net gaan spandeer op gom. Geen tweede gedagte word weer gegee aan die feit dat hy dalk regtig honger is nie.

Miskien ontmoet jy ’n vriendin, bestel jou tee met ’n heerlike sny tert en smul lekker daaraan. Toe jy in die kar klim sien jy hom nog steeds staan met sy verflenterde klere. Dink daaraan dat jy maar die oorskiet doggiebag vir hom kon gebring het.

Baie mense redeneer dat as jy vir die bedelaar geld gee jy hom eindelik sterk in sy kwaad. Dan sien jy die foto’s op die TV en hoeveel hande en monde daar is wat gevoed moet word. As mens kyk na die prys van brood wonder jy hoe kry almal van hulle ietsie om te eet. Wat is ’n paar snye brood vir ’n groeiende kind? Dan onthou ek hoe ek gesukkel het om my kinders se mae vol te kry. Ons het altyd gespot en gesê hulle is hol tot by hulle tone.

Ek weet dat daar nou baie meer geld beskikbaar is, maar ook net vir die meer gegoedes. Die werkloosheidssyfer styg steeds en dit is daardie mense wat dit moeilik vind om al die mae vol te hou. Die vrou wat huishulp is, moet met dit wat sy verdien baie monde voed. Sy as ma moet sorg dat daar kos op die tafel is vir ses tot agt mense. Dink net hoe groot moet die pot pap wees om almal te laat eet. Die sheba moet gerek word sodat almal darem ’n sousie saam met die pap kan eet. Nou dat almal van die platteland af trek stede toe is daar ook nie meer iets soos marog wat geoes kan word nie. Daar is nie plek om groente te plant nie, want die kaias is so teen mekaar dat daar nie plek is nie.

Omdat kinders nou saam met meer gegoede kinders skool toe gaan verander hulle behoeftes ook. Nou kom die groepsdruk ook nog in. Die skoolgeld, klere en alles verander. Ouers weet nie altyd waarvandaan die geld moet kom om aan al die benodigdhede van ’n nuwe lewenswyse vir hulle kinders te voldoen nie. My beskeie mening is dat dit is van waar die drang kom om maar ’n omkoopgeldjie te aanvaar. So kan hy of sy ook vir hulle gee wat hulle andersins nie kan bekostig nie. Ek praat dit geensins goed nie, verstaan my mooi. Ek dink maar net dit kan een van die verklarings daarvoor wees.

Skoolkinders kan ook nie nou meer Saterdae gaan help om bossies uit te trek vir ’n geldjie nie. So is daar nie iets wat hulle kan help om ’n ekstratjie huis toe te bring nie. Ek is spyt dat ek nie in staat is om iets te verander aan my medemens se lot nie. Maar ek probeer hulle behandel net soos ek graag behandel wil word.

This entry was posted in Leefstyl and tagged , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Lewenskoste

  1. Toortsie sê:

    Jy laat ons diep dink, Klippie!! Dankie

  2. senings sê:

    As die migrasie sy kop stad se kant toe draai, vat jy jou vrou en kinners en trek in die teenoorgestelde kant platteland toe. Hopelik ervaar hulle daar die adversiwiteite van groepsdruk in afgewaterde vorm. Ek strewe en droom ook daaroor maar nou ja, Seningswyf is in die skadu van die Hillbrow toring gebore en getoë en my oortuigingsvermoë het tot dusver tekort geskiet.
    En daar is plek om jou marog te plant en oes. Ai, marog gekook met aartappels en uie met sout en peper, saam met stywepap en kaiings en ‘n skaaptjop of twee, of drie, of vier…
    Ek wonder hoeveel van vandag se mense ken dit nog?

  3. Pingback: Hongersnood « Herriemerrie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s