Die weer

Op hierdie oomblik skyn die son so blekerig, wonder ek wanneer gaan ons ’n behoorlike sonnige dag beleef? Alhoewel ons net vyf en dertig kilometer van die see af is, verskil ons temperatuur soos dag by nag. Hier weet ons nie wat om van dag tot dag te beplan wat jy gaan aantrek nie. Trek ons warm aan en ry dan Durban se kant toe moet jy weet om so aan te trek dat jy daar van jou trui ontslae sal kan raak. Hier waar ons bly beleef jy vier seisoene in een dag. Mense wat hier kuier sê altyd hulle kom nie graag kuier voor laat November nie, want vir hulle is dit nog heelwat te koud. Vir die rumatiek glad nie aan te beveel nie. Dan breek die warm weer aan en is jy so gelukkig, want nou is jou klimaat so gematig dat hulle jou dan weer beny. Dit wys jou net ons kry altyd iets om oor te kla. Gister was dit so koud dat ek onder die kombers my boek gaan lees het.

Vir die jonges is dit nie so lekker nie want jy kan nie vooruit beplan wat jy die naweek gaan doen nie. alles hang van die weer af. Die mis sak hier van twee uur se kant af al hoe digter toe, kan jy soms nie sien waar jy ry nie. So as hulle beplan om iets buitenshuis te doen moet hulle ’n alternatief hê wat na binnenshuis moet skuif as dit te klam raak buite.

Omdat die weer my buie reguleer en ek verkieslik warm weer en sonskyn wil hê, is dit vir my ondraaglik om vir n week net die son mettussenposes te sien. Dan is my blues so dik jy kan dit sny met n mes. Gelukkiglyk dit of daar darem nou n bietjie meer son besig om deur die wolke te breek. My kinders se huis is gelukkig sogebou dat dit baie lig en lug inlaat. Dit help my baie as ek ver uit kan sien . Kan die voels van hieraf dophou en my verbeel ek is buite. Hier in Natal is alles so mooi groen ennou weet ek hoekom. Die mis wat so geredelik toesak en n klammigheid oor diegras laat kom is net genoeg om dit te laat groei. As jy van G auteng se kantafkom en die bruin grasvlakte agterlaat weet jy , jy is nou in Natal. Dieliedjie wat se groen is die gras in Natal is baie waar Nerens is die gras sogroen nie. Toe ek nog nie hier gebly het nie was dit vir my die mooiste gesig,nou weet ek hoekom.

Ek hoop daar waar jy is , is dit darem so n aks warmer ashier vandag. Moet ook nie so se nie want miskien is hierdie tipe weer meer in joukraal. God het ons mos darem so geskape dat ons nie almal van dieselfde dinge hou nie. Dit sou darembaie vervelig gewees het. So geniet jou dag ten volle waar jy ookal is. Ek het al in baie plekke gebly en daar ook nie altyd tevrede gewees met wat die weerdaar gewees het nie, Was toe nog jonger , kon meer aanpas want daar was tweevan ons. Nou is ek alleen en voel dit soms of die weer my onder kry. Miskienmis ek net die gevoel van iemand na aan jou onder wie se arm jy kon inkruip asdit te koud word. Wie weet.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Die weer

  1. senings sê:

    Ek is vir die huidige nog in Gauteng. Ons het vandeesweek so ‘n paar heerlike hoëveld donderstorms gehad maar vandag, en gister, het die son heerlik geskyn. Die donderstorms het natuurlik hul merk op die swembad gemaak en ek het sopas van buite ingekom waar ek heerlik met kaal bolyf die swembad staan skoonmaak het. Seningswyf en die spruite het ‘n nuwe fliek, Happy Feet in Three Dee nogal, gaan kyk. En EK is nou die BAAS by die huis!!!
    Ek geniet ook eerder son as koue. Ek hoop net julle “locals” het vir ons heerlike sonskyn vir Desember en Januarie bestel want ek, Seningswyf en die kinners gaan vanjaar so bietjie op Balito vakansie hou. Ek sal maar elke nou en dan op Radio Klipbos inskakel en hoor of ons nog op koers is.
    Groetnis.

  2. murphy sê:

    Hier by ons bid die boere kliphard vir reën. Dit was lanklaas so droog.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s