Sout van die aarde?

Naby ons het ’n gesin gewoon. Plat op die aarde soort. Ongelukkig het hulle kinders nie die vermoë gehad om te onderskei tussen eerlikheid en die toeeien van andermansgoed nie. So as hulle daar gekuier het, was daar altyd een of ander item wat nie opgespoor kon word nie, Vredesonthalwe het jy maar stil gebly, maar so ongemerk opgelet wat hulle aan het wat dalk joune kon wees. As die kind dan jou vermiste oorbelle of armband aangehad het, kon jy haar dan konfronteer. Dit het altyd gepaard gegaan met ’n hewige ontkenning maar op die ou end het die verlore item  darem by sy regmatige eienaar uiygekom.

Die ouers was eenvoudig maar staatmakers as jy hulle nodig sou hê. Die konfrontasie tussen die kinders moes ook baie diskreet benader word. Die tannie was ook nie baie netjies nie. As Ma dan so een keer per week gaan oë wys, soos sy gesê het, moes jy saam. Jy het skaars gesit of die tannie bied koffie aan. Onthou nou net daar was nie elektrisiteit nie, maar die swart stoof het dag en nag gebrand, so daar was altyd kookwater. Weier kon jy nie altyd nie, maar ek kan jou verseker die koffie was nie altyd van die lekkerste nie. Jy het maar groot slukke gegee sodat jou koppie gou-gou leeg was. My ma het altyd gesê jy kan nie die tannie in die gesig vat nie. Drink moes jy maar drink. Die oom was lief vir sy doppie wyn en Vrydae as hy vroeg van die werk afgekom het, het hy vir pa kom kuier. Slimpraatjies verkoop kon hy goed. Eerste as hy jou sien het hy altyd gesê: “Liefde en vrede.” As kind het jy maar verby gehou want dalk demonstreer hy sy liefde en vrede.

Die kinders was nie vreeslik intelligent nie en het ook die verkeerde maats se invloed nagevolg. My pa het net altyd gekeer dat ons nie groot maats moes word nie. Ons was ’n klomp dogters en hulle kinders was oorwegend seuns. Hy was bekommerd dat die vriendskappe dalk verkeerde kant toe sou neig. Opposites attract, sê hulle mos. Gelukkig vir pa was dit maar net oppervlakkige vriendskap. Ons weë het geskei en wat van hulle geword het, sal ek nie weet nie.

This entry was posted in Herinneringe, Leefstyl and tagged , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Sout van die aarde?

  1. senings sê:

    “…swart stoof het dag en nag gebrand…” Ag lekker! Ek is sommer op die daad lus vir sterk moerkoffie!

  2. MaanKind sê:

    Dis nogal jammer jy weet nie wat van hiulle geword het nie!

    • klippie sê:

      Nee wat, ons belangstellings, leefstyl en aspirasies het heeltemal verskil. Ons sou as grootmense nooit gekies het om met hulle vriende te wees nie. Maar wel deel van my herinneringe as kind.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s