Tuisteskeppers

Ek het nou die dag na ’n program geluister waarin gespekuleer word oor wat die woord “tuisteskepper” werklik beteken en wat so ’n persoon se waarde bepaal. ’n Hele klomp mans het ingebel en vertel dat hulle hulle vrouens ’n redelike toelaag betaal. Toe wonder ek, wat nou gemaak as die beursie al hoe platter word as gevolg van die styging in petrolkostes, elektrisiteit en die al hoe hoër-wordende kospryse. Die kinders wat ook nie daaraan dink dat hulle nie by die maats wil afsteek nie en ook graag ’n designer hemp of sonbril wil hê. Ma moet maar opsy staan as die beloofde toelae moet krimp.

Vir my was dit nie snaaks om huisvrou te wees nie, die dag as jy saam met jou wederhelfte voor die kansel gestaan het, het jy geweet dat geld nie volop was nie. Julle albei het geweet wat julle drome was en julle het skouer aan die wiel gesit om dit te laat bewaarheid. Niks was ingeldwaarde gemeet nie. Dit was ’n liefdestaak wat julle saam aangepak het. Terugslae was daar baie. ’n Siekbed wat sommer vroeg in ons getroude lewe, nog voor dat die eerste baba daar was, ons laat terugdeins het van wat ons graag wou bereik nie. Daarom is dit vir my snaaks dat daar so ’n bohaai gemaak word van huisvrou wees. Ons het nie eens al die hulp in die vorm van wasmasjiene, tuimeldroërs of skottelgoedmasjiene gehad nie.

Een van die inbellers was ’n tannie van 80 wat gesê het sy maak nog elke dag haar vierslaapkamer huis skoon. Sny selfs nog die grasperk en hou haar eie tuin aan die gang. Dit wil mos gedoen wees. Ek glo dat baie van vandag se tuisteskeppers ook hulp het van ’n huishulp om die strykwerk te doen, die meubels te poleer en die vloere skoon te hou.

Die meeste tyd word in die kar spandeer. Kinders wat moet gehaal word en weggebring word skool toe. Na-uurse aktiwiteite soos sport, kuns of musieklesse waar ma hulle moet besorg en weer gaan haal neem ’n hele dag in beslag. Dan moet ma weer huis toe jaag om te sorg vir aandete en toesig hou oor kinders se huiswerk wat gedoen moet word.

Ek dink nou aan die vrouens wat dit alles moet kom doen na hulle dagtaak by die kantoor afgehandel is. Kinders word ook nog dikbek omdat ma nie alles betyds reg gehad het nie. Pa wat soms nie begrip het vir alles wat ma moet vermag nie en dan ook nog sy pond vleis eis. Ma moet gereed wees met ’n glimlag en ’n vriendelike woord. Vergeet dat sy ook maar te doen het met moeilike kollegas en kinders en veral tieners wat nie altyd so maklik is om te hanteer nie. Daarby ook die huisbegroting wat nie wil klop nie. Almal dink die man het al die werksdruk maar dieselfde geld vir die werkende vrou plus nou nog die druk van die huisomstandighede. Daarom dink ek dat alle simpatie met die ma wat buitenshuis werk moet wees. Dit is nie maklik om almal tevrede te hou nie. As omstandighede dit nie toelaat om ’n tuisteskepper te wees nie, moet meer as een persoon wat gelukkig gehou word: Pa, die baas en die kinders.

Ek haal my hoed af vir ma’s wat alles vlot kan laat verloop en nog tyd het om te sien na ’n ouer wat ook nog daar is om haar of sy deel van aandag en liefde te soek.

This entry was posted in Leefstyl and tagged , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Tuisteskeppers

  1. MaanKind sê:

    Ek besef nou eers hoeveel ek daarvan sou hou om ‘n huisvrou te gewees het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s